Kampioentrofee 2009

Die Kampioentrofee 2009 (Engels: 2009 ICC Champions Trophy) het van 22 September tot en met 5 Oktober 2009 in Suid-Afrika plaasgevind. Dit was die sesde Kampioentrofee in EDI-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is. Daarbenewens was dit ná die Krieketwêreldbeker 2003 en die T20I-wêreldbeker 2007 die derde groot kriekettoernooi in Suid-Afrika.

Kampioentrofee 2009
Kampioentrofee 2009.svg
Kenteken van die Kampioentrofee 2009
Datums 22 September – 5 Oktober
Bestuurder Internasionale Krieketraad (IKR)
Krieketformaat Internasionale eendagkrieket (EDI)
Toernooiformaat Groep- en uitklopfase
Gashere Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Kampioen Vlag van Australië Australië (2de titel)
Naaswenner Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
Deelnemers 8
Wedstryde gespeel 15
Speler van die reeks Vlag van Australië Ricky Ponting
Meeste lopies Vlag van Australië Ricky Ponting (288)[1]
Meeste paaltjies Vlag van Suid-Afrika Wayne Parnell (11)[2]
2006
2013

Aan die Kampioentrofee 2009 het die destydse agt beste nasionale spanne op die EDI-ranglys deelgeneem: Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië. Die spanne is in twee groepe van vier spanne elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners van hierdie wedstryde het in die eindstryd ontmoet.

Australië, Engeland, Nieu-Seeland en Pakistan het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Australië het Engeland en Nieu-Seeland het Pakistan geklop, waardeur die twee Oseaniese spanne in die eindstryd ontmoet het. In die eindstryd op die SuperSport-park in Centurion het die verdedigende kampioen Australië Nieu-Seeland verslaan en sodoende sy tweede Kampioentrofeetitel gewen. Die gasheer Suid-Afrika is reeds in die groepfase uitgeskakel.

ToewysingWysig

Die Kampioentrofee 2009 sou oorspronklik van 11 tot en met 28 September in die Pakistanse stede Lahore en Karatsji aangebied word.[3] Die IKR het die toernooi later weens veiligheidskwessies deur ’n aantal deelnemende lande uitgestel; op 24 Julie 2008 het die IKR aangekondig dat die toernooi wel in Pakistan sou plaasvind, ondanks vrese van spelers uit Australië, Engeland, Suid-Afrika en Nieu-Seeland om na dié land te toer.[4] Op 22 Augustus 2008 het Suid-Afrika aangekondig dat hulle weens veiligheidskwessies nie aan die Kampioentrofee sal deelneem nie.[5] Twee dae later, op 24 Augustus 2008, ná spekulasie dat die toernooi elders gehou kon word (in Engeland, Sri Lanka of Suid-Afrika), het die IKR aangekondig dat die toernooi tot in Oktober 2009 uitgestel sal word.[6]

Tydens sy vergadering in Februarie 2009 het die IKR se uitvoerende raad besluit om Pakistan van sy gasheerreg vir die Kampioentrofee 2009 te ontneem. Op daardie stadium was Sri Lanka die gunstelinggasheerland.[7] In Maart 2009 het die IKR se Hoofbestuurskomitee aan die IKR se uitvoerende raad aanbeveel om die toernooi in Suid-Afrika aan te bied aangesien daar bekommernisse was dat weens die weerstoestande in Sri Lanka gedurende September en Oktober te veel wedstryde uitgereën sou kon word.[8] Die IKR se uitvoerende raad het die aanbeveling goedgekeur en die toernooi is in Suid-Afrika van 22 September tot 5 Oktober 2009 geskeduleer.[9] Wanderers en SuperSport-park, albei in die Johannesburgse gebied, is as plekke vir die toernooi aangekondig.[10] Saam met die Krieketwêreldbeker 2003 en die T20I-wêreldbeker 2007 was dit een van drie groot kriekettoernooie wat in die 2000’s in Suid-Afrika aangebied is.

DeelnemersWysig

Die destydse beste agt spanne op die EDI-ranglys het vir die Kampioentrofee 2009 gekwalifiseer: Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië. Aan die toernooi het geen assosiaatlid deelgeneem nie.

Span Kwalifiseringmetode Verskynings by eindstryde Laaste verskyning Vorige beste prestasie
  Australië Volle lede Sesde 2006 Kampioen (2006)
  Engeland Sesde 2006 Naaswenner (2004)
  Indië Sesde 2006 Kampioen (2002)
  Nieu-Seeland Sesde 2006 Kampioen (2000)
  Pakistan Sesde 2006 3de plek (2000)
  Sri Lanka Sesde 2006 Kampioen (2002)
  Suid-Afrika Sesde 2006 Kampioen (1998)
  Wes-Indië Sesde 2006 Kampioen (2004)

StadionsWysig

Tydens die toernooi is twee Suid-Afrikaanse stadions ingespan. Altesaam 15 wedstryde is tydens die Kampioentrofee 2009 gespeel, waaronder twee halfeindstryde en een eindstryd.

Centurion Johannesburg
SuperSport-park Wanderers
25°51′35″S 28°11′43″O / 25.85972°S 28.19528°O / -25.85972; 28.19528 (SuperSport-park) 26°7′52.17″S 28°3′26.69″O / 26.1311583°S 28.0574139°O / -26.1311583; 28.0574139 (Wanderers)
Kapasiteit: 22 000 Kapasiteit: 34 000
   
Kampioentrofee 2009 (Suid-Afrika)

KalenderWysig

Die volgende tabel dui die Kampioentrofee 2009 se daaglikse program aan. ’n Siaan blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase en ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase.

Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Groepfase
September
Di
22
Wo
23
Do
24
Vr
25
Sa
26
So
27
Ma
28
Di
29
Wo
30
Groep A 1 2 1 2
Groep B 1 1 1 2 1
Uitklopfase
Oktober
Do
1
Vr
2
Sa
3
So
4
Ma
5
Uitklopfase 1 1 1
Legende

   Groepfase

   Uitklopfase

   Eindstryd

WedstrydeWysig

GroepfaseWysig

Groep AWysig

Span Wed Wen Ver Onb LT Pte
  Australië 3 2 0 1 +0.510 5
  Pakistan 3 2 1 0 +0.999 4
  Indië 3 1 1 1 +0.290 3
  Wes-Indië 3 0 3 0 −1.537 0
23 September 2009
14:30 (SAST) (D/N)
Telkaart
  Wes-Indië
133 (34.3 boulbeurte)
t
  Pakistan
134/5 (30.3 boulbeurte)
Nikita Miller 51 (57)
Mohammad Aamer 3/24 (7 boulbeurte)
Umar Akmal 41* (51)
Gavin Tonge 4/25 (10 boulbeurte)
Pakistan wen met vyf paaltjies
Wanderers, Johannesburg
Skeidsregters: Steve Davis (Aus) en Daryl Harper (Aus)
Speler van die wedstryd: Umar Akmal (Pak)
  • Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
26 September 2009
09:30 (SAST)
Telkaart
  Australië
275/8 (50 boulbeurte)
t
  Wes-Indië
225 (46.5 boulbeurte)
Ricky Ponting 79 (95)
Nikita Miller 2/24 (10 boulbeurte)
Travis Dowlin 55 (87)
Nathan Hauritz 2/23 (7.5 boulbeurte)
Australië wen met 50 lopies
Wanderers, Johannesburg
Skeidsregters: Asad Rauf (Pak) en Tony Hill (NZ)
Speler van die wedstryd: Mitchell Johnson (Aus)
  • Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Wes-Indië is hiermee uit die toernooi geskakel.
26 September 2009
14:30 (SAST) (D/N)
Telkaart
  Pakistan
302/9 (50 boulbeurte)
t
  Indië
248 (44.5 boulbeurte)
Shoaib Malik 128 (126)
Ashish Nehra 4/55 (10 boulbeurte)
Rahul Dravid 76 (103)
Saeed Ajmal 2/31 (8.5 boulbeurte)
Pakistan wen met 54 lopies
SuperSport-park, Centurion
Skeidsregters: Steve Davis (Aus) en Simon Taufel (Aus)
Speler van die wedstryd: Shoaib Malik (Pak)
  • Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Pakistan vorder hiermee tot die groepfase.
28 September 2009
14:30 (SAST) (D/N)
Telkaart
  Australië
234/4 (42.3 boulbeurte)
t
Michael Hussey 67 (65)
Ashish Nehra 1/38 (8 boulbeurte)
Onbeslis
SuperSport-park, Centurion
Skeidsregters: Billy Bowden (NZ) en Ian Gould (Eng)
  • Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Wedstryd afgelas weens reën.
  • Indië is hiermee uit die toernooi geskakel.
30 September 2009
09:30 (SAST)
Telkaart
  Pakistan
205/6 (50 boulbeurte)
t
  Australië
206/8 (50 boulbeurte)
Mohammad Yousuf 45 (69)
Shane Watson 2/32 (8 boulbeurte)
Michael Hussey 64 (87)
Saeed Ajmal 2/31 (10 boulbeurte)
Australië wen met twee paaltjies
SuperSport-park, Centurion
Skeidsregters: Billy Bowden (NZ) en Tony Hill (NZ)
Speler van die wedstryd: Michael Hussey (Aus)
  • Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Australië vorder hiermee tot die groepfase.
30 September 2009
14:30 (SAST) (D/N)
Telkaart
  Wes-Indië
129 (36 boulbeurte)
t
  Indië
130/3 (32.1 boulbeurte)
Daren Sammy 23 (38)
Praveen Kumar 3/22 (9 boulbeurte)
Virat Kohli 79* (104)
Kemar Roach 1/27 (6 boulbeurte)
Indië wen met sewe paaltjies
Wanderers, Johannesburg
Skeidsregters: Aleem Dar (Pak) en Simon Taufel (Aus)
Speler van die wedstryd: Virat Kohli (Ind)
  • Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • MS Dhoni neem sy eerste EDI-paaltjie.

Groep BWysig

Span Wed Wen Ver Onb LT Pte
  Nieu-Seeland 3 2 1 0 +0.782 4
  Engeland 3 2 1 0 −0.487 4
  Sri Lanka 3 1 2 0 −0.085 2
  Suid-Afrika 3 1 2 0 −0.177 2
22 September 2009
14:30 (SAST) (D/N)
Telkaart
  Sri Lanka
319/8 (50 boulbeurte)
t
  Suid-Afrika
206/7 (37.4 boulbeurte)
Tillakaratne Dilshan 106 (92)
Dale Steyn 3/47 (9 boulbeurte)
Graeme Smith 58 (44)
Ajantha Mendis 3/30 (7 boulbeurte)
Sri Lanka wen met 55 lopies (D/L-metode)
SuperSport-park, Centurion
Skeidsregters: Ian Gould (Eng) en Simon Taufel (Aus)
Speler van die wedstryd: Tillakaratne Dilshan (SL)
  • Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Duckworth-Lewis-metode hersien teiken om te wen: 262 lopies in 37.4 boulbeurte vir Suid-Afrika.
24 September 2009
09:30 (SAST)
Telkaart
  Nieu-Seeland
214 (47.5 boulbeurte)
t
  Suid-Afrika
217/5 (41.1 boulbeurte)
Ross Taylor 72 (106)
Wayne Parnell 5/57 (8 boulbeurte)
AB de Villiers 70 (76)
Daryl Tuffey 2/52 (9 boulbeurte)
Suid-Afrika wen met vyf paaltjies
SuperSport-park, Centurion
Skeidsregters: Aleem Dar (Pak) en Asad Rauf (Pak)
Speler van die wedstryd: Wayne Parnell (SA)
  • Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
25 September 2009
14:30 (SAST) (D/N)
Telkaart
  Sri Lanka
212 (47.3 boulbeurte)
t
  Engeland
213/4 (45 boulbeurte)
Thilina Kandamby 53 (82)
James Anderson 3/20 (9.3 boulbeurte)
Eoin Morgan 62* (83)
Nuwan Kulasekara 2/42 (9 boulbeurte)
Engeland wen met ses paaltjies
Wanderers, Johannesburg
Skeidsregters: Aleem Dar (Pak) en Billy Bowden (NZ)
Speler van die wedstryd: Paul Collingwood (Eng)
  • Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
27 September 2009
09:30 (SAST)
Telkaart
  Nieu-Seeland
315/7 (50 boulbeurte)
t
  Sri Lanka
277 (46.4 boulbeurte)
Jesse Ryder 74 (58)
Sanath Jayasuriya 3/39 (10 boulbeurte)
Mahela Jayawardene 77 (85)
Kyle Mills 3/69 (10 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met 38 lopies
Wanderers, Johannesburg
Skeidsregters: Ian Gould (Eng) en Daryl Harper (Aus)
Speler van die wedstryd: Daniel Vettori (NZ)
  • Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Sri Lanka is hiermee uit die toernooi geskakel.
27 September 2009
14:30 (SAST) (D/N)
Telkaart
  Engeland
323/8 (50 boulbeurte)
t
  Suid-Afrika
301/9 (50 boulbeurte)
Owais Shah 98 (89)
Wayne Parnell 3/60 (10 boulbeurte)
Graeme Smith 141 (134)
James Anderson 3/42 (10 boulbeurte)
Engeland wen met 22 lopies
SuperSport-park, Centurion
Skeidsregters: Steve Davis (Aus) en Tony Hill (NZ)
Speler van die wedstryd: Owais Shah (Eng)
  • Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Engeland vorder hiermee tot die groepfase.
  • Suid-Afrika is hiermee uit die toernooi geskakel.
29 September 2009
14:30 (SAST) (D/N)
Telkaart
  Engeland
146 (43.1 boulbeurte)
t
  Nieu-Seeland
147/6 (27.1 boulbeurte)
Paul Collingwood 40 (58)
Grant Elliott 4/31 (8 boulbeurte)
Martin Guptill 53 (55)
Stuart Broad 4/39 (8.1 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met vier paaltjies
Wanderers, Johannesburg
Skeidsregters: Asad Rauf (Pak) en Daryl Harper (Aus)
Speler van die wedstryd: Grant Elliott (NZ)
  • Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Nieu-Seeland vorder hiermee tot die groepfase.

UitklopfaseWysig

  Halfeindrondte Eindrondte
             
2 Oktober – Centurion
   Engeland 257  
   Australië 258/1   5 Oktober – Centurion
       Australië 206/4
3 Oktober – Johannesburg      Nieu-Seeland 200/9
   Pakistan 233/9
   Nieu-Seeland 234/5  

HalfeindrondteWysig

2 Oktober 2009
14:30 (SAST) (D/N)
Telkaart
  Engeland
257 (47.4 boulbeurte)
t
  Australië
258/1 (41.5 boulbeurte)
Tim Bresnan 80 (76)
Peter Siddle 3/55 (10 boulbeurte)
Shane Watson 136* (132)
Graham Onions 1/47 (8 boulbeurte)
Australië wen met nege paaltjies
SuperSport-park, Centurion
Skeidsregters: Aleem Dar (Pak) en Billy Bowden (NZ)
Speler van die wedstryd: Shane Watson (Aus)
  • Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
3 Oktober 2009
14:30 (SAST) (D/N)
Telkaart
  Pakistan
233/9 (50 boulbeurte)
t
  Nieu-Seeland
234/5 (47.5 boulbeurte)
Umar Akmal 55 (62)
Ian Butler 4/44 (10 boulbeurte)
Grant Elliott 75* (103)
Saeed Ajmal 2/39 (8 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met vyf paaltjies
Wanderers, Johannesburg
Skeidsregters: Ian Gould (Eng) en Simon Taufel (Aus)
Speler van die wedstryd: Daniel Vettori (NZ)
  • Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.

EindstrydWysig

5 Oktober 2009
14:30 (SAST) (D/N)
Telkaart
  Nieu-Seeland
200/9 (50 boulbeurte)
t
  Australië
206/4 (45.2 boulbeurte)
Martin Guptill 40 (64)
Nathan Hauritz 3/37 (10 boulbeurte)
Shane Watson 105* (129)
Kyle Mills 3/27 (10 boulbeurte)
Australië wen met ses paaltjies
SuperSport-park, Centurion
Skeidsregters: Aleem Dar (Pak) en Ian Gould (Eng)
Speler van die wedstryd: Shane Watson (Aus)
  • Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.


Kampioentrofeewenner 2009
  Australië

StatistiekWysig

Meeste lopies en paaltjiesWysig

Meeste lopies:[1]
Naam Lopies
1   Ricky Ponting 288
2   Shane Watson 266
3   Graeme Smith 206
4   Paul Collingwood 202
5   Mohammad Yousuf 200
Meeste paaltjies:[2]
Naam Paaltjies
1   Wayne Parnell 11
2   Stuart Broad 10
3   Kyle Mills 9
4   Saeed Ajmal 8
  Ashish Nehra

VerwysingsWysig

  1. 1,0 1,1 (en) "Records / ICC Champions Trophy, 2009/10 / Most Runs". ESPNcricinfo. Besoek op 26 April 2022.
  2. 2,0 2,1 (en) "Records / ICC Champions Trophy, 2009/10 / Most Wickets". ESPNcricinfo. Besoek op 26 April 2022.
  3. (en) "ICC Champions Trophy 2008 schedule". Daily Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 April 2016. Besoek op 26 Maart 2016.
  4. (en) "ICC Decides Pakistan Will Host Champions Trophy". Cricket World. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Oktober 2008. Besoek op 24 Julie 2008.
  5. (en) "South Africa boycott cricket's Champions Trophy in Pakistan". Yahoo!. Besoek op 22 Augustus 2008.[dooie skakel]
  6. (en) "Champions Trophy postponed until October 2009". ESPNcricinfo. 24 Augustus 2008. Besoek op 26 April 2022.
  7. (en) "Pakistan not to host 2009 Champions Trophy". ESPNcricinfo. 1 Februarie 2009. Besoek op 26 April 2022.
  8. (en) "South Africa set to host Champions Trophy". ESPNcricinfo. 11 Maart 2009. Besoek op 26 April 2022.
  9. (en) "ICC board endorses South Africa to host Champions Trophy". ESPNcricinfo. 16 Maart 2009. Besoek op 26 April 2022.
  10. (en) "South Africa confirmed as Champions Trophy hosts". ESPNcricinfo. 2 April 2009. Besoek op 26 April 2022.

Eksterne skakelsWysig


Kampioentrofee  

Bangladesj 1998Kenia 2000Sri Lanka 2002Engeland 2004Indië 2006Suid-Afrika 2009Engeland / Wallis 2013Engeland / Wallis 2017Pakistan 2025Indië 2029