Komodo-lughawe (Indonesies: Bandar Udara Komodo) is 'n lughawe naby die dorpie Labuan Bajo op die eiland Flores in die Oos-Nusa Tenggara-provinsie, Indonesië. Die lughawe se naam kom van Labuan Bajo se status as 'n vertrekpunt vir toere na die nabygeleë Komodo Nasionale Park, die tuiste van die komododraak.

Binnekant van Komodo-lughawe
Die bagasie-afhaalarea van Komodo-lughawe

Dit was voorheen bekend as Mutiara II-lughawe, om nie te verwar met Mutiara-lughawe wat naby die stad Palu in Indonesië se Sentraal-Sulawesi-provinsie geleë is nie. In September 2013 het die eerste Boeing 737-800 geland en weer suksesvol opgestyg.

Fasiliteite

wysig

Die lughawe sal na verwagting tot 4 miljoen passasiers per jaar akkommodeer. Die aanloopbaan sal ook van 2 250 meter tot 2 750 meter verleng word, terwyl die randplaveisel tot 20 200 vierkante meter uitgebrei word. Die binnelandse terminaal sal tot 6 500 vk meter uitgebrei word, en 'n internasionale terminaal sal gebou word met 'n oppervlakte van 5 538 vk meter met verskeie ander ondersteunende fasiliteite.[1]

Lugrederye en bestemmings

wysig
 
'n Riau Airlines Fokker 50 by Komodo-lughawe
 
'n Garuda Indonesia CRJ 1000 Bombardier by Komodo

Passasiers

wysig
Redery Stad
Batik Air Denpasar–Ngurah Rai, Djakarta–Soekarno-Hatta
Citilink Denpasar–Ngurah Rai, Djakarta–Soekarno-Hatta, Kupang
Garuda Indonesia Denpasar–Ngurah Rai, Djakarta–Soekarno-Hatta[2]
Indonesia AirAsia Denpasar–Ngurah Rai, Djakarta–Soekarno-Hatta,[3] Surabaya
Super Air Jet Surabaya
Wings Air Bajawa, Ende, Maumere

Verwysings

wysig
  1. "Global News".
  2. "Garuda Indonesia expands domestic network from Sep 2016". Routesonline (in Engels (VK)). Besoek op 4 Junie 2020.
  3. "INDONESIA AIRASIA MAY/JUNE 2023 NETWORK EXPANSION". Aeroroutes. Besoek op 3 Mei 2023.