Maak hoofkeuseskerm oop

Limburg (Limburgse uitspraak: Lèmburg) is een van die 12 provinsies van Nederland en is in die suidooste geleë. Die provinsie het 'n bevolking van 1 120 000 in 2014 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 2 209 km² met 'n bevolkingsdigtheid van 507 per km². Die hoofstad en grootste stad is Maastricht.

Limburg
Vlag van Limburg
Vlag
Wapen van Limburg
Wapen
Ligging van die provinsie Limburg in Nederland
Ligging van die provinsie Limburg in Nederland
Koördinate: 51°13′N 5°56′O / 51.217°N 5.933°O / 51.217; 5.933Koördinate: 51°13′N 5°56′O / 51.217°N 5.933°O / 51.217; 5.933
Land Vlag van Nederland Nederland
Hoofstad Maastricht
Grootste stad Maastricht
Regering
 - Kommissaris Theo Bovens (CDA)
Oppervlak[1]
 - Provinsie 2 209 km²  (853 vk m)
 - Land 2 151 km² (831 vk m)
 - Water 58 km² (22 vk m)
Bevolking (1 Januarie 2014)[2]
 - Provinsie 1 120 006
 - Digtheid 507/km² (1 313/vk m)
Tydsone MET (UTC+01:00)
 - Somer (DST) MEST (UTC+02:00)
Webwerf: www.limburg.nl

GeografieWysig

Limburg lê in die suidooste van Nederland. Die provinsie grens in die noorde aan die Nederlandse provinsie Gelderland, in die ooste aan die Duitse deelstaat Noordryn-Wesfale, in die suide aan die Belgiese provinsies Luik en Limburg, in die suidweste ook aan Belgies Limburg en in die noordweste aan die Nederlandse provinsie Noord-Brabant.

Limburg is in die noorde en midde 'n glooiende provinsie, maar in die suide heuwelagtig, waar die uitlopers van die Ardenne- en Eifel-bergreeks is. Die hoogste punt is daarom ook in hierdie Suid-Limburg op die Drielandepunt van die Vaalserberg (323 m), op die gesamentlike grens met België en Duitsland (aan Nederlandse kant in die munisipaliteit Vaals geleë).

Deur die provinsie vloei van suid na noord die Maas-rivier. Die Maas is 'n belangrike rivier vir transport en ontspring in Frankryk. Die Maas is 'n reënwaterrivier.

GeskiedenisWysig

Limburg was 'n deel van die Romeinse Ryk. Daar is baie voorwerpe uit die periode in Limburg ontdek. Ook is daar nog (onderdele van) geboue uit die periode van die geskiedenis. Maastricht was bekend as Mosa Trajectum, Mosa ad Trajectum of Trajectum.

Die midde en noorde van Limburg het vroeër tot die hertogdom Gelre en later met Maastricht tot die Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande behoort. In 1795 het die Franse veroweraars die departement Beneden-Maas geskep, wat grotendeels ooreenkom met die provinsies Limburg in België en Nederland. Na die ontstaan van die Verenigde Koninkryk van die Nederlande is die naam in 1815 in Limburg gewysig. Na die onafhanklikheid van België is in 1839 die provinsie in Belgies en Nederlands Limburg verdeel.

TaleWysig

In die provinsie word naas Nederlands ook die Limburgse dialek gepraat. In die uiterste suidooste word die Ripuariese dialek gebesig (munisipaliteite Kerkrade-Simpelveld-Vaals).

ReligieWysig

Die provinsie is 'n Rooms-Katolieke bisdom, Roermond, en tradisioneel nagenoeg volledig Rooms-Katoliek.

KultuurWysig

Die provinsie het 'n unieke kultuur ten opsigte van die andere provinsies met sy dialekte, skutterye, musiekverenigings, kermis, geregte en dranke. Die kultuur, tradisies, dialekte alsook die volkslied is identiek aan Limburg in België.

MunisipaliteiteWysig

 
Limburg
 
Camerig en omgewing

Limburg bestaan uit 31 munisipaliteite:

Munisipaliteite Inwoners
(2011)
Beek 17 000
Beekdaelen 37 000
Beesel 14 000
Bergen 13 000
Brunssum 29 000
Echt-Susteren 32 000
Eijsden-Margraten 25 000
Gennep 17 000
Gulpen-Wittem 14 000
Heerlen 89 000
Horst aan de Maas 42 000
Kerkrade 47 000
Landgraaf 38 000
Leudal 37 000
Maasgouw 24 000
Maastricht 120 000
Meerssen 19 000
Mook en Middelaar 8 000
Nederweert 17 000
Peel en Maas 43 000
Roerdalen 21 000
Roermond 56 000
Simpelveld 11 000
Sittard-Geleen 95 000
Stein 26 000
Vaals 10 000
Valkenburg aan de Geul 17 000
Venlo 100 000
Venray 43 000
Voerendaal 13 000
Weert 49 000

Sien ookWysig

VerwysingsWysig

  1. (nl) "Bodemgebruik; uitgebreide gebruiksvorm, per gemeente". Centraal Bureau voor de Statistiek. 2013. Besoek op 28 Maart 2016.
  2. (nl) "Bevolkingsontwikkeling; regio per maand". Centraal Bureau voor de Statistiek. 2014. Besoek op 28 Maart 2016.

Eksterne skakelsWysig