SS Lusitania

(Aangestuur vanaf Lusitania (skip), 1911)

Die SS Lusitania was 'n Portugese passasierskip wat op 18 April 1911 by Kaappunt in Suid-Afrika op die rotse geloop het. Omdat die wrak op 'n diepte van byna 40m lê, is dit 'n gewilde uitdaging vir ervare duikers.

Die SS Lusitania

Die stoomskip van 5557 ton met 'n staal romp en twee skroewe is in 1906 deur Sir Raylton Dixon & Co gebou vir Empreza Nacional de Navogacas van Lissabon. Dit was een van die grootste Portugese skepe in die tyd. Op 15 April 1911 het die skip die hawe van Lourenco Marques (vandag Maputo) verlaat op pad na Lissabon. Aan boord was 800 passasiers en bemanning onder bevel van kapt. Faria. In 'n kalm see, maar weens hoë mis en 'n sterk seestroom tref die skip om middernag van 18 April die Bellowsrots op 'n afstand van maar net 4 km van die vuurtoring.

Slegs 8 opvarendes het die ramp nie oorleef nie. Enkele dae later het die Lusitania van die Bellowsrots afgegly en in die diepte verdwyn. Die wrak is 'n populêre skubaduikplek, alhoewel teen 33 to 40 meter 'n bietje diep vir die meeste sportduikers.

Kaart van die wrak van die SS Lusitania

Die gevolg van hierdie skeepsramp was die bou van die aansienlik laer Kaappuntvuurtoring (Kaap Maclear).[1]

BronneWysig

  • Burman, Jose: Strange shipwrecks of the southern seas. Kaapstad: Struik, 1968.
  • Turner, Malcolm: Shipwrecks and salvage in South Africa – 1505 to the present. Kaapstad: Struik, 1988. ISBN 0-86977-387-9

VerwysingsWysig

  1. Hampton, C.; McIlleron, A. (2006). Table Mountain to Cape Point. Cape Town: Struik. p. 137.

Eksterne skakelsWysig

Toerisme-inligting oor Skuba-duik op die SS Lusitania-wrak op Wikivoyage