Mary Jane (Mae) West (Woodhaven, New York, 17 Augustus 1893 - Los Angeles, Kalifornië, 22 November 1980) was 'n Amerikaanse aktrise en draaiboekskrywer.

Mae West
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Geboortenaam Mary Jane West
Geboorte (1893-08-17)17 Augustus 1893
Woodhaven, NY (VSA)
Sterfte 22 November 1980 (op 87)
Los Angeles, CA (VSA)
Nasionaliteit Amerikaans
Beroep(e) Aktrise, draaiboekskrywer
Rolprente Klondike Annie

Sy is gebore as die dogter van Jack West en Matilda Doelger.

Mae West het begin optree in Vaudeville op die ouderdom van vyf. Teen die ouderdom van twaalf het sy opgetree onder die naam "The Baby Vamp."

Sy het uiteindelik haar eie opvoerings begin skryf. Haar eerste optrede op Broadway was getiteld Sex. Die hoofrol is deur haarself vertolk, sy was ook die skryfster, vervaardiger en direkteur. Die opvoering het nie aanklank gevind by die stad se amptenary nie, en sy is gearresteer, asook al die ander toneelspelers.

Mae West ry in 'n koets tydens haar terugkeer van Hollywood, ca. 1933

Eksterne skakels

wysig