Marius van der Westhuizen
Marius van der Westhuizen (gebore op 6 Januarie 1984 in Kaapstad) is 'n Suid-Afrikaanse rugbyskeidsregter, wat tans op die Premierpaneel van die Suid-Afrikaanse Rugbyskeidsregtersvereniging dien.
| |||||
Geboortedatum | 6 Januarie 1984 | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboorteplek | Kaapstad, Suid-Afrika | ||||
Loopbaan as skeidsregter | |||||
Jare | Kompetisie | Weds | |||
2014– 2012– 2011– |
Superrugby Curriebeker Vodacombeker |
4 18 14 | |||
korrek soos op 18 Februarie 2015. |
Vroeë loopbaan
wysigHy begin sy skeidsregtersloopbaan in 2007 met ligawedstryde in die Westelike Provinsie. In 2009 word hy 'n lid van SARSV se aanspraakmakerspan en hy blaas tydens wedstryde in die Craven-week en Onder-19 Provinsiale Kampioenskapkompetisies.
Hy begin in 2011 as skeidsregter in eersteklaswedstryde, maak sy debuut in die 2011 Vodacombekerwedstryd tussen die Vrystaat Cheetahs en die Valke in Bloemfontein[1] en beheer tien wedstryde in die 2011 Onder-19 en Onder-21 Provinsiale Kampioenskap.
In 2012 tree hy op as skeidsregter in 'n aantal Varsitybeker- en Varsityskildwedstryde, sowel as drie wedstryde tydens die 2012 Vodacombeker. Sy eerste Curriebekerafspraak was die wedstryd tussen die SWD Arende en die Boland Kavaliers in George[2] en hy het ook beheer oor die Kavaliers wedstryd teen die Griffons in Welkom geneem,[3] sowel as 'n aantal wedstryde in die 2012 Onder-21 Provinsiale Kampioenskap en die wedstryd tussen Wallis Onder-18 en Engeland Onder-18.[4]
Internasionaal
wysigHy word hierna 'n skeidsregter vir die IRB Sewes Wêreldreeks, waar hy baie vinnig homself vestig as een van die topskeidsregters, hy neem beheer van die 2013 Hongkong Sewesfinaal in net sy derde toernooi. Hy is ook benoem op die skeidsregterspaneel vir die 2013 Rugby Wêreldbekersewes in Moskou.
Verdere aanstellings in Varsityrugby volg in 2013 (wat ingesluit het die skeidsregter vir die 2013 Varsitybekereindstryd tussen Maties en UP Tuks),[5] sowel as 'n verdere vier Vodacombeker optredes. Hy het in drie wedstryde in die 2013 Curriebeker Eerste Divisie geblaas voor sy eerste Premier-Afdeling afspraak vir die wedstryd tussen die Goue Leeus en die Vrystaat Cheetahs in Johannesburg, sy eerste van vyf wedstryde in die kompetisie.[6]
Hy is benoem op SANZAR se skeidsregterslys vir die 2014 Superrugbyseisoen en was in beheer van sy eerste Superrugbywedstryd tydens die Lions se kragmeting met die Crusaders in Johannesburg.[7]