McGregorspeldekussing

Spesie van die speldekussings
(Aangestuur vanaf McGregor speldekussing)

Die McGregorspeldekussing (Leucospermum harpagonatum) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucospermum behoort en deel van die fynbos vorm. Die plant is inheems aan die Wes-Kaap, waar dit voorkom in die Riviersonderendberge naby McGregor. Die struik is klein en word slegs 15 cm hoog. Dit dra blomme van Augustus tot November.

McGregorspeldekussing
Leucospermum harpagonatum Rebelo 4.jpg
Foto: Tony Rebelo
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
L. harpagonatum
Binomiale naam
Leucospermum harpagonatum
Rourke

In Engels staan dit as die McGregor Pincushion bekend.

Sien ookWysig

BronneWysig