Monastisisme

(Aangestuur vanaf Monastiek)

Monastisisme (van antieke Grieks μοναχός monakhos, van μόνος monos, "alleen"), of die monnikedom, is 'n godsdienstige lewenswyse waarvolgens mense afsien van wêreldse sake en hulself volledig aan spirituele werk wy. Monastisisme speel veral 'n rol in Katolieke en Oosters-Ortodokse kerke. Dit kom ook voor in godsdienste soos Boeddhisme, Hindoeïsme en Djainisme.[1] In ander godsdienste word monastisisme gekritiseer en nie beoefen nie, soos in Islam en Zoroastrisme, of dit speel 'n klein rol soos in moderne Judaïsme. Mans word in monastisisme monnike of broers genoem en vroue nonne of susters.

Baie monnike en nonne woon in kloosters of abdye om hulle van die sekulêre wêreld af te sonder

Skakels

wysig
  1. "Monasticism". Encyclopedia Britannica, Inc. Besoek op 6 Oktober 2014.