Montenegryne
- Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Montenegryns.
Die Montenegryne (Montenegryns: Црногорци / Crnogorci, [tsr̩nǒɡoːrtsi] of [tsr̩noɡǒːrtsi]) is 'n Slawiese nasie en etniese groep inheems aan Montenegro en aangrensende lande van die Balkanskiereiland, wat Montenegryns, 'n Suid-Slawiese taal, as moedertaal praat. Hulle vorm die titulêre nasie van Montenegro en maak volgens die laaste sensus van 2011 omtrent 45% van dié land se bevolking uit.
Montenegryne | |
---|---|
'n Groep Montenegryne tussen 1855 en 1865. | |
Totale bevolking: | ca. 500 000[1] |
Belangrike bevolkings in: | Montenegro 278 865[2] Turkye 100 000[1] |
Taal: | Montenegryns, Serwies (Serwo-Kroaties) |
Geloofsoortuiging: | Hoofsaaklik Oosters-Ortodokse Kerk met minderhede van Rooms-Katolieke Kerk en Islam |
Verwante etniese groepe: | Ander Suid-Slawiese volke soos Bosniake, Bulgare, Kroate, Masedoniërs, Serwiërs en Slowene[10] |
Wêreldwyd leef daar sowat 500 000 Montenegryne, waarvan 278 865 in Montenegro. Daarbenewens vorm Montenegryne belangrike minderhede in Serwië, Bosnië en Herzegowina, Kroasië, Noord-Masedonië, Slowenië en Albanië. Naas Montenegryne vorm Serwiërs die grootste etniese minderheid in Montenegro met 178 110 (28,7%).
Montenegryne word soms as 'n subgroep van die Serwiërs en soms as 'n eie etniese groep langs ander Suid-Slawiese volke soos Bosniake, Bulgare, Kroate, Masedoniërs, Serwiërs en Slowene beskou. Hierdie definise hang af van die klassifikasie van hul moedertaal as 'n Serwiese dialek of as 'n selfstandige taal.[11]
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 1,6 1,7 (sr) "Širom svijeta pola miliona Crnogoraca". Radio i Televizija Crne Gore. 20 September 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Oktober 2019. Besoek op 9 April 2016.
- ↑ (sr) "Census of Population, Households and Dwellings in Montenegro 2011" (PDF). 12 Julie 2011. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 12 Februarie 2020. Besoek op 9 April 2016.
- ↑ (sr) "Stojović: U Čileu živi 7000 potomaka Crnogoraca". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 9 April 2016.
- ↑ (en) "Ethnic minorities in Republic of Croatia". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2019. Besoek op 9 April 2016.
- ↑ (en) "2011 National Household Survey: Data tables". Besoek op 9 April 2016.
- ↑ (en) Official Results of Macedonia census 2002, State Staticistal Office of the Republic of Macedonia Geargiveer 13 November 2009 op Wayback Machine
- ↑ (en) "Statistini urad RS – Popis 2002". Besoek op 9 April 2016.
- ↑ (en) "20680-Ancestry (full classification list) by Sex – Australia". 2006 Census. Australian Bureau of Statistics. Geargiveer vanaf die oorspronklike (Microsoft Excel download) op 10 Maart 2008. Besoek op 2 Junie 2008.
- ↑ (en) "Census 2011 Data: Resident population by ethnic and cultural affiliation". The Institute of Statistics of Republic of Albania. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Oktober 2017. Besoek op 5 April 2014.
- ↑ (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, South". Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Maart 2016. Besoek op 9 April 2016.
- ↑ (en) John K. Cox (1 Januarie 2002). The History of Serbia. Greenwood Publishing Group. p. 8. ISBN 978-0-313-31290-8.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Montenegryne.