Multinasionale korporasie
(Aangestuur vanaf Multinasionaal)
'n Multinasionale korporasie is 'n maatskappy wat in meer as een land (of selfs die meeste lande) teenwoordig is deur produksie, dienslewering en/of verkope.
Bekende voorbeelde van multinasionale korporasies sluit in:
- Microsoft wat in die VSA ontstaan het, maar ook takke in onder meer Indië het, waar baie van die sagtewareontwikkeling gedoen word, en wat wêreldwyd sagteware verkoop.
- Oracle, wat in die VSA ontstaan het, maar 'n wêreldwye ondersteunings- en verkoopsnetwerk het, ook in Suid-Afrika.
- HSBC wat bankdienste in baie lande wêreldwyd verskaf.
- Coca-Cola wat wêreldwyd fabrieke en afsetgebiede het.
- Nike, Inc., 'n Amerikaanse sportskoen en -toerustingmaatskappy wat in verskeie lande in Asië fabrieke het.
- British Petroleum (BP), die energiemaatskappy.