Natalse lampogie
Die Natalse lampogie (Aplocheilichthys myaposae) is 'n varswatervis wat voorkom in die kusmere en riviere in KwaZulu-Natal; vanaf Kosibaai suidwaarts tot by die Umlazirivier naby Richardsbaai. In Engels staan die vis bekend as die Natal topminnow.
Natalse lampogie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | Aplocheilichthyinae
|
Genus: | |
Spesie: | A. myaposae
|
Binomiale naam | |
Aplocheilichthys myaposae | |
Sinonieme | |
Voorkoms
wysigDie vis lyk baie soos Johnston se lampogie. Die mannetjie vissie se dorsale vin is agter op die rug. Die dorsale-, stert- en analevinne is swart met geel rante met geel kolletjies op. Die vissie word tot 55mm lank.
Habitat
wysigDie vis leef in beskermde, plantryke areas van mere en goedbeboste riviere. Hulle vreet insekte bv. muskietlarwes en alge. Die wyfie lê haar eiers op die plantegroei.
Sien ook
wysigVerwysings
wysigBron
wysig- A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1