New England (Suid-Afrika)

gehug, vervalle spoorweghalte en landbougebied in die Oos-Kaap, Suid-Afrika

New England is 'n gehug, vervalle spoorweghalte en landbougebied in die noordooste van die Oos-Kaap, Suid-Afrika.

Die gebied lê noordwes van Barkly-Oos en oos-suidoos van Lady Grey en Aliwal-Noord. Die spoorweghalte genaamd New England, op die destydse taklyn tussen Aliwal-Noord en Barkly-Oos, is op 1828 m bo seespieël, 27 km van Barkly-Oos en 88 km van Aliwal-Noord.

'n Tak van die Kraairivier, die Klein-Wildebeesspruit, vloei suidwaarts deur die kontrei. Die koue verfrissende klimaat is uitstekend geskik vir skaapboerdery. Waarskynlik het die streek sy naam te danke aan die beduidende aantal afstammelinge van die Britse setlaars wat hulle in 1860 hier gevestig het.

Koördinate: 30°51′29″S 27°29′16″O / 30.85795°S 27.48788°O / -30.85795; 27.48788

Lees ook

wysig