Paralimpiese Somerspele 2004
XIIe Paralimpiese Somerspele | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Paralimpiese Somerspele 2004 (Grieks: Θερινοί Παραολυμπιακοί Αγώνες 2004) is tussen 17 en 28 September 2004 in Athene, Griekeland, aangebied. Tydens die geleentheid het 3 808 atlete uit 135 nasies aan 519 items in 19 verskillende sportsoorte deelgeneem.[1] Dit was die twaalfde Paralimpiese Somerspele wat aangebied is.
Die Olimpiese Somerspele 2004 is tussen 13 en 29 Augustus in Athene gehou.
Toewysing
wysigAs deel van 'n formele ooreenkoms tussen die Internasionale Paralimpiese Komitee en die Internasionale Olimpiese Komitee uit 2001 is die wenner van die bod vir die Olimpiese Somerspele 2004 ook die gasheer vir die Paralimpiese Somerspele 2004.[2] Athene is op 5 September 1997 in Lausanne deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 2004. Ander kandidate was: Rome, Kaapstad, Stockholm en Buenos Aires.
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 2004[3] | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Stad | Land | Rondte 1 | Finale stemming | Rondte 3 | Rondte 4 | Rondte 5 |
Athene | Griekeland | 32 | — | 38 | 52 | 66 |
Rome | Italië | 23 | — | 28 | 35 | 41 |
Kaapstad | Suid-Afrika | 16 | 62 | 22 | 20 | — |
Stockholm | Swede | 20 | — | 19 | — | — |
Buenos Aires | Argentinië | 16 | 44 | — | — | — |
Sporte
wysig19 Paralimpiese sporte is tydens die Spele beoefen.
- 5-per-kant sokker (1)
- 7-per-kant sokker (1)
- Atletiek (194)
- Bankdruk (20)
- Boccia (7)
- Boogskiet (7)
- Doelbal (2)
- Fietsry (31)
- Judo (13)
- Rolstoelbasketbal (2)
- Rolstoelrugby (1)
- Rolstoelskerm (15)
- Rolstoeltennis (6)
- Ruitersport (9)
- Seil (2)
- Sitvlugbal (2)
- Skyfskiet (12)
- Swem (166)
- Tafeltennis (28)
Deelnemende nasies
wysigHier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Paralimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die aantal atlete per land in hakies aangedui:
- Afghanistan (2)
- Algerië (18)
- Angola (4)
- Argentinië (55)
- Armenië (2)
- Australië (151)
- Azerbeidjan
- Bahrein (5)
- Bangladesj (1)
- Barbados (1)
- België (25)
- Benin (2)
- Bermuda (2)
- Bosnië en Herzegowina (15)
- Botswana (1)
- Brasilië (96)
- Bulgarye (9)
- Chili (4)
- Chinees Taipei
- Colombia (5)
- Costa Rica (1)
- Denemarke (32)
- Dominikaanse Republiek (2)
- Duitsland (212)
- Ecuador (4)
- Egipte (46)
- El Salvador (2)
- Estland (6)
- Ethiopië (1)
- Faroëreilande (1)
- Fidji (2)
- Filippyne (2)
- Finland (54)
- Frankryk (136)
- Ghana (3)
- Griekeland (124)
- Guatemala (2)
- Guinee (1)
- Honduras (2)
- Hongarye (37)
- Hongkong (24)
- Ierland (42)
- Indië (12)
- Indonesië (3)
- Irak (8)
- Iran (89)
- Israel (24)
- Italië (76)
- Ivoorkus (2)
- Jamaika (4)
- Japan (162)
- Jordanië (10)
- Kaap Verde (3)
- Kambodja (2)
- Kanada (143)
- Kasakstan (8)
- Katar (2)
- Kenia (16)
- Kirgisië (3)
- Koeweit (14)
- Kroasië (17)
- Kuba (24)
- Letland (7)
- Lesotho (2)
- Libië (2)
- Liechtenstein (1)
- Litaue
- Macau (1)
- Maleisië (19)
- Marokko (10)
- Masedonië (3)
- Mauritanië (1)
- Mauritius (2)
- Meksiko
- Moldowa (3)
- Mongolië (3)
- Namibië (1)
- Nederland (95)
- Nepal (1)
- Nicaragua (1)
- Nieu-Seeland (136)
- Niger (1)
- Nigerië (14)
- Noorweë (34)
- Oekraïne (90)
- Oman (2)
- Oesbekistan (1)
- Oostenryk (44)
- Pakistan (9)
- Palestynse Owerheid (2)
- Panama (2)
- Peru (5)
- Pole (104)
- Portugal (29)
- Puerto Rico (2)
- Roemenië (2)
- Rusland (84)
- Rwanda (2)
- Samoa (2)
- Saoedi-Arabië (6)
- Senegal (2)
- Sentraal-Afrikaanse Republiek (1)
- Serwië en Montenegro (5)
- Singapoer (7)
- Siprus (5)
- Sirië (5)
- Slowakye (37)
- Slowenië (28)
- Soedan (2)
- Spanje (158)
- Sri Lanka (6)
- Suid-Afrika (51)
- Suid-Korea (82)
- Suriname (2)
- Swede (41)
- Switserland (41)
- Tadjikistan (1)
- Tanzanië (2)
- Thailand (43)
- Tonga (1)
- Tsjeggië (65)
- Tunisië
- Turkmenistan (4)
- Turkye (8)
- Uganda (2)
- Uruguay (3)
- Venezuela (16)
- Verenigde Arabiese Emirate (10)
- Verenigde Koninkryk (167)
- Verenigde State (235)
- Viëtnam (4)
- Volksrepubliek China (200)
- Belarus (33)
- Ysland (3)
- Zimbabwe (2)
Suid-Afrikaanse deelname
wysigSuid-Afrika doen besonders goed tydens die Spele en verower 35 medaljes. Vyftien van hierdie medaljes is goud, dertien silwer en sewe brons. Suid-Afrika se span vaar die 13de beste uit die 135 nasies wat aan die Spele deelgeneem het.
Van Suid-Afrika se goue medaljewenners sluit in:
- Natalie du Toit (swemmer)
- Oscar Pistorius (atleet)
- Fanie Lombaard (atleet)
- Teboho Mokgalagadi (atleet)
- Nicholas Newman (atleet)
- Tadgh Slattery (swimmer)
- Michael Louwrens (atleet)
- Zanele Situ (atleet)
Aantal medaljes
wysigHier is al die lande wat medaljes by die Spele verower het:
Plek | Land | Deelnemers | Goud | Silwer | Brons | Totaal |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Volksrepubliek China (CHN) | 200 | 63 | 46 | 32 | 141 |
2 | Verenigde Koninkryk (GBR) | 167 | 35 | 30 | 29 | 94 |
3 | Kanada (CAN) | 143 | 28 | 19 | 25 | 72 |
4 | Verenigde State (USA) | 235 | 27 | 22 | 39 | 88 |
5 | Australië (AUS) | 151 | 26 | 39 | 36 | 101 |
6 | Oekraïne (UKR) | 90 | 24 | 12 | 19 | 55 |
7 | Spanje (ESP) | 158 | 20 | 27 | 24 | 71 |
8 | Duitsland (GER) | 212 | 19 | 28 | 31 | 78 |
9 | Frankryk (FRA) | 136 | 18 | 26 | 30 | 74 |
10 | Japan (JPN) | 162 | 17 | 15 | 20 | 52 |
11 | Rusland (RUS) | 84 | 16 | 8 | 17 | 41 |
12 | Tsjeggië (CZE) | 65 | 16 | 8 | 7 | 31 |
13 | Suid-Afrika (RSA) | 51 | 15 | 13 | 7 | 35 |
14 | Brasilië (BRA) | 96 | 14 | 12 | 7 | 33 |
15 | Meksiko (MEX) | – | 14 | 10 | 10 | 34 |
16 | Suid-Korea (KOR) | 82 | 11 | 11 | 6 | 28 |
17 | Hongkong (HKG) | 24 | 11 | 7 | 1 | 19 |
18 | Pole (POL) | 104 | 10 | 25 | 19 | 54 |
19 | Belarus (BLR) | 33 | 10 | 12 | 7 | 29 |
20 | Oostenryk (AUT) | 44 | 8 | 10 | 4 | 22 |
21 | Swede (SWE) | 41 | 8 | 7 | 6 | 21 |
22 | Tunisië (TUN) | – | 8 | 7 | 3 | 18 |
23 | Egipte (EGY) | 46 | 6 | 9 | 8 | 23 |
24 | Iran (IRI) | 89 | 6 | 3 | 13 | 22 |
25 | Algerië (ALG) | 18 | 6 | 2 | 5 | 13 |
26 | Nieu-Seeland (NZL) | 136 | 6 | 1 | 3 | 10 |
27 | Nederland (NED) | 95 | 5 | 12 | 12 | 29 |
28 | Nigerië (NGR) | 14 | 5 | 4 | 3 | 12 |
29 | Denemarke (DEN) | 32 | 5 | 3 | 7 | 15 |
30 | Slowakye (SVK) | 37 | 5 | 3 | 4 | 12 |
31 | Italië (ITA) | 76 | 4 | 8 | 7 | 19 |
32 | Israel (ISR) | 24 | 4 | 4 | 5 | 13 |
33 | Finland (FIN) | 54 | 4 | 1 | 3 | 8 |
34 | Griekeland (GRE) | 124 | 3 | 13 | 4 | 20 |
35 | Thailand (THA) | 43 | 3 | 6 | 6 | 15 |
36 | België (BEL) | 25 | 3 | 2 | 2 | 7 |
37 | Kenia (KEN) | 16 | 3 | 1 | 3 | 7 |
38 | Noorweë (NOR) | 34 | 3 | 1 | 1 | 5 |
39 | Angola (ANG) | 4 | 3 | 0 | 0 | 3 |
40 | Switserland (SUI) | 41 | 2 | 6 | 8 | 16 |
41 | Portugal (POR) | 29 | 2 | 5 | 5 | 12 |
42 | Marokko (MAR) | 10 | 2 | 4 | 0 | 6 |
43 | Kuba (CUB) | 24 | 2 | 2 | 7 | 11 |
44 | Republiek China (TPE) | – | 2 | 2 | 2 | 6 |
45 | Azerbeidjan (AZE) | – | 2 | 1 | 1 | 4 |
46 | Hongarye (HUN) | 37 | 1 | 8 | 10 | 19 |
47 | Ysland (ISL) | 3 | 1 | 3 | 0 | 4 |
48 | Koeweit (KUW) | 14 | 1 | 2 | 3 | 6 |
49 | Slowenië (SLO) | 28 | 1 | 2 | 1 | 4 |
50 | Litaue (LTU) | – | 1 | 1 | 5 | 7 |
51 | Verenigde Arabiese Emirate (UAE) | 10 | 1 | 1 | 2 | 4 |
52 | Letland (LAT) | 7 | 1 | 1 | 1 | 3 |
53 | Indië (IND) | 12 | 1 | 0 | 1 | 2 |
Irak (IRQ) | 8 | 1 | 0 | 1 | 2 | |
Jamaika (JAM) | 4 | 1 | 0 | 1 | 2 | |
Turkye (TUR) | 8 | 1 | 0 | 1 | 2 | |
57 | Bosnië en Herzegowina (BIH) | 15 | 1 | 0 | 0 | 1 |
Botswana (BOT) | 1 | 1 | 0 | 0 | 1 | |
Siprus (CYP) | 5 | 1 | 0 | 0 | 1 | |
Zimbabwe (ZIM) | 2 | 1 | 0 | 0 | 1 | |
61 | Ierland (IRL) | 42 | 0 | 3 | 1 | 4 |
62 | Argentinië (ARG) | 55 | 0 | 2 | 2 | 4 |
63 | Venezuela (VEN) | 16 | 0 | 1 | 2 | 3 |
64 | Jordanië (JOR) | 10 | 0 | 1 | 1 | 2 |
Palestynse Owerheid (PLE) | 2 | 0 | 1 | 1 | 2 | |
66 | Bahrein (BRN) | 5 | 0 | 1 | 0 | 1 |
Estland (EST) | 6 | 0 | 1 | 0 | 1 | |
Masedonië (MKD) | 3 | 0 | 1 | 0 | 1 | |
Panama (PAN) | 2 | 0 | 1 | 0 | 1 | |
70 | Kroasië (CRO) | 17 | 0 | 0 | 4 | 4 |
71 | Peru (PER) | 5 | 0 | 0 | 2 | 2 |
Serwië en Montenegro (SCG) | 5 | 0 | 0 | 2 | 2 | |
73 | Faroëreilande (FRO) | 1 | 0 | 0 | 1 | 1 |
Puerto Rico (PUR) | 2 | 0 | 0 | 1 | 1 | |
Rwanda (RWA) | 2 | 0 | 0 | 1 | 1 | |
Totaal (75 NPKs) | – | 519 | 517 | 532 | 1568 |
Verwysings
wysig- ↑ (en) "IPC Historical Results Archive". Internasionale Paralimpiese Komitee. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Maart 2018. Besoek op 22 Januarie 2018.
- ↑ "Paralympics 2012: London to host 'first truly global Games'" (in Engels). BBC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2020. Besoek op 22 Januarie 2018.
- ↑ "Past Olympic Host City Election Results" (in Engels). GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 22 Januarie 2018.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Paralimpiese Somerspele 2004.
- (en) Athens 2004 Paralympic.org. Internasionale Paralimpiese Komitee.