Pietie Norval
(Aangestuur vanaf Piet Norval)
Piet Norval (1970-) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse tennisspeler wat tussen 1988 en 2001 professioneel tennis gespeel het. Norval het veertien ATP-dubbelspeltoernooie gewen en daarnaas tot 'n verdere een-en-twintig eindstryde deurgedring. Tydens die Olimpiese Somerspele van 1992 het hy saam met Wayne Ferreira 'n silwermedalje in Barcelona verower. In 1999 wen hy die gemengde dubbelspel op Roland Garros saam met die Sloweense Katarina Srebotnik. Hy het in 2001 uit tennis afgetree.
Volle naam | Pieter Norval | |
---|---|---|
Bynaam | Pietie | |
Land | Suid-Afrika | |
Woonplek | Kaapstad, Wes-Kaap[1] | |
Geboortedatum | 7 April 1970[1] | |
Geboorteplek | Kaapstad | |
Lengte | 1,85 m[1] | |
Gewig | 88 kg[1] | |
Begin professioneel | 1988[1] | |
Afgetree | 2001 | |
Spelstyl | Regshandig (eenhandig handrughou)[1] | |
Loopbaan-wengeld | $1 832 303 (soos in 2001)[1] (430ste van alle tye)[2] | |
Enkelspel | ||
Loopbaanrekord | 4–12 (25%)[1] | |
Loopbaantitels | 0[1] | |
Hoogste rang | No. 125 (19 Junie 1989)[1] | |
Groot toernooie | ||
Olimpiese Spele | KE (1996) | |
Dubbelspel | ||
Loopbaan-rekord | 329–300 (54,83%)[1] | |
Loopbaantitels | 14[1] | |
Hoogste rang | No. 16 (16 Januarie 1995)[1] | |
Australiese Ope | KE (1997) | |
Franse Ope | KE (1993) | |
Wimbledon | HE (1991) | |
VSA-Ope | KE (1998) | |
Groot dubbelspeltoernooie | ||
Olimpiese Spele | Silwermedalje (1992) | |
Gemengde dubbelspel | ||
Loopbaan-rekord | ||
Loopbaantitels | 1 | |
Grand Slam-gemengdedubbelspeluitslae | ||
Franse Ope | W (1999) | |
Laaste opgedateer op: 23 Februarie 2021. |
Grand Slam-rekord
wysigDie tabel toon Norval se prestasie tydens elk van die Grand Slam-toernooie in mansenkels waaraan hy deelgeneem het:
Jaar | Australiese Ope | Franse Ope | Wimbledon | VSA-Ope |
---|---|---|---|---|
1990 | Nie deelgeneem nie | Nie deelgeneem nie | Rondte 3 | Rondte 3 |
1991 | Nie deelgeneem nie | Rondte 1 | Halfeindstryd | Rondte 2 |
1992 | Rondte 2 | Rondte 3 | Rondte 1 | Rondte 3 |
1993 | Rondte 3 | Kwarteindstryd | Rondte 3 | Rondte 1 |
1994 | Rondte 3 | Rondte 1 | Rondte 1 | Rondte 1 |
1995 | Rondte 1 | Rondte 1 | Rondte 3 | Rondte 1 |
1996 | Rondte 2 | Rondte 1 | Rondte 1 | Rondte 1 |
1997 | Kwarteindstryd | Rondte 2 | Kwarteindstryd | Rondte 1 |
1998 | Rondte 1 | Rondte 1 | Rondte 3 | Kwarteindstryd |
1999 | Rondte 1 | Rondte 3 | Rondte 3 | Rondte 1 |
2000 | Rondte 2 | Rondte 3 | Rondte 2 | Rondte 1 |
2001 | Rondte 1 | Nie deelgeneem nie | Nie deelgeneem nie | Nie deelgeneem nie |