Pous Johannes VII
Johannes VII was die 86ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Pous Johannes VII | |
---|---|
Pontifikaat begin | 1 Maart 705 |
Pontifikaat eindig | 18 Oktober 707 |
Voorganger | Johannes VI |
Opvolger | Sisinnius |
Gebore | |
Sterf | 18 Oktober 707 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Johannes |
Biografie
wysigPous Johannes VII is van Griekse afkoms, die seun van ene Plato en sy vrou Blatta, gebore in Rossano, Kalabrië. Op 1 Maart 705 volg hy Pous Johannes VI op en regeer tot sy dood op 18 Oktober 707. Hy word opgevolg deur Pous Sisinnius. Die naam ‘Johannes’ beteken 'God is genadig'.
Pontifikaat
wysigJohannes VII het goeie betrekkinge met die Lombarde gehandhaaf. Hy het skynbaar ook toegegee aan die keiser Justinianus II om die besluite van die Trulliaanse konsilie van 692 goed te keur. Daar is verskeie monumente van Johannes in die kerk van Sint Maria Antiqua aan die voet van die Palatynse heuwel. Ander voorstellings was vroeër in die Sint Pieterskerk in die kapel van die Heilige Maagd wat deur hom laat bou is en kan nog gesien word in die grot onder die kerk. Hy het die klooster van Subiaco, wat deur die Lombarde in 601 vernietig is, laat herbou.
Bibliografie
wysig- Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press. ISBN 0-85323-545-7
- Duff, Eamon. Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press, 2001. pp 62–63. ISBN 0300091656
- Maxwell-Stuart, P. G. Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson, 2002, p. 47. ISBN 0500017980.
Eksterne skakels
wysig- CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)
- BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
- PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)
Nota
wysigSaamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia.
Opvolging
wysigVoorafgegaan deur Johannes VI |
Pous (Pontifex Maximus) 705 – 707 |
Opgevolg deur Sisinnius |