Maak hoofkeuseskerm oop
Neil Armstrong, Michael Collins en Buzz Aldrin het Pratley Putty na die maan geneem.

Pratley Putty is ’n kleiagtige kleefdeeg wat deur die Suid-Afrikaanse ingenieur George Pratley van Krugersdorp ontwerp is. Hy het Pratley Putty in die sestigerjare ontdek terwyl hy na ’n gom gesoek het waarmee hy komponente in ’n elektriese boks kon plak.

Pratley Putty is in 1969 gebruik om dele van die Eagle-maanlandingstuig van die Apollo 11-sending bymekaar te hou. Die tuig was die eerste om op die maan te land.

Nadat Pratley in 1983 oorlede is, het sy seun Kim die beheer van die Pratley-maatskappy oorgeneem. Hulle vervaardig Pratley Putty saam met ’n reeks ander produkte wat reg oor die wêreld uitgevoer word.

Eksterne skakelsWysig