Maak hoofkeuseskerm oop

Pro14

jaarlikse rugbykompetisie

Die PRO14 (weens borgskapredes bekend as die Guinness PRO14)[1] is ’n jaarlikse rugbykompetisie met spanne van Ierland, Italië, Skotland, Suid-Afrika en Wallis. Die toernooi is een van die drie hoof- professionele toernooie in Europa (naas die Engelse Premierskap en die Franse Top 14) en die suksesvolste spanne in hierdie toernooi ding mee om die Europese Rugbykampioenebeker.

Die eerste seisoen van die toernooi, 2001-’02, het bekend gestaan as die Keltiese Liga[2] en het bestaan uit spanne van Ierland, Skotland en Wallis. Aan die begin van die 2010-’11-seisoen is die toernooi van tien na twaalf spanne uitgebrei om twee Italiaanse spanne te inkorporeer. Die naam “Pro12” is in 2011 aanvaar om aan te dui dat spanne buite die Keltiese nasies nou ook aan die toernooi deelneem. In 2017 is aangekondig dat twee Suid-Afrikaanse spanne ook aan die toernooi deelneem.[3]

SpanneWysig

Die toernooi is gebaseer op streeks-/provinsiale verteenwoordiging van deelnemende lande, behalwe vir Treviso wat die stad Treviso self verteenwoordig. Benetton Treviso is weens sy lang geskiedenis gekies nadat ’n projek om ’n tweede streekspan, Praetorians Roma, saam te stel, misluk het.[4]

Ierland Italië Skotland
Ligging van Pro14-spanne in Ierland
Ligging van Pro14-spanne in Italië
Ligging van Pro14-spanne in Skotland
Suid-Afrika Wallis
Ligging van Pro14-spanne in Suid-Afrika
Ligging van Pro14-spanne in Wallis
Pro14-klubs
Klub Gestig Ligging Stadion Kapasiteit Kampioenskappe (Onlangsste)
  Benetton Treviso 1932 Treviso, Italië Stadio Comunale di Monigo 6 700 0 (NVT)
  Cardiff Blues 2003 Cardiff, Wallis Cardiff Arms Park 12 125 0 (NVT)
  Connacht 1885 Galway, Ierland Galway Sportgronde 8 100 1 (2016)
  Dragons 2003 Newport, Wallis Rodney Parade 8 500 0 (NVT)
  Edinburgh 1872 Edinburgh, Skotland Murrayfield
New Myreside
67 144
5 500
0 (NVT)
  Glasgow Warriors 1872 Glasgow, Skotland Scotstoun 7 351 1 (2015)
  Leinster 1879 Dublin, Ierland RDS / Aviva Stadium 18 500 / 51 200 4 (2014)
  Munster 1879 Limerick / Cork, Ierland Thomond Park / Irish Independent Park 25 600 / 9 250 3 (2011)
  Ospreys 2003 Swansea, Wallis Liberty-stadion 20 827 4 (2012)
  Scarlets 2003 Llanelli, Wallis Parc y Scarlets 14 870 2 (2017)
  Ulster 1879 Belfast, Noord-Ierland Kingspan-stadion 18 196 1 (2006)
  Zebre 1973 Parma, Italië Stadio Sergio Lanfranchi 5 000 0 (NVT)
  Cheetahs 2005 Bloemfontein, Suid-Afrika Vrystaatstadion 46 000 0 (NVT)
  Kings 2009 Port Elizabeth, Suid-Afrika Nelson Mandelabaaistadion 48 000 0 (NVT)

Italiaanse deelname sedert 2010-’11Wysig

In November 2008 het die raad van die Keltiese Liga vergader om die moontlikheid van Italiaanse deelname te bespreek; Roger Lewis, uitvoerende hoof van die Walliese Rugbyunie, het genoem dat die toernooi positief was oor Italiaanse deelname. Na ’n raadsvergadering van die Italiaanse Rugbyfederasie (FIR) op 19 Desember 2008 waar voorstelle ter verbetering van Italiaanse rugby bespreek is,[5] het die FIR aangekondig dat ’n voorstel vir deelname aan die Keltiese Liga ingedien sou word. Die FIR had twee moontlikhede – skryf vier bestaande Italiaanse klubs vanuit die Nasionale Kampioenskap van Uitnemendheid vir die Liga in; of skep twee spanne uit spelers wat kwalifiseer om vir Italië te speel.[6]

Op 18 Julie 2009 het die FIR aangekondig dat Aironi en Pretoriani Roma met aanvang van die 2010-’11-seisoen in die Keltiese Liga sou speel – Benetton Rugby Treviso en Duchi Nord-Ovest het nie in hul botte geslaag nie. Pretoriani sou in Rome gebaseer wees met die Stadio Flaminio as tuisveld, terwyl Aironi in Viadana gebaseer sou wees met sommige wedstryde wat in Reggio Emilia sou plaasvind.[7] Op 2 Oktober 2009 het die FIR egter voorgestel dat Benetton Treviso in die plek van Pretoriani Roma deelneem.[8]

Op 28 Januarie 2010 het die FIR verklaar dat hy aan die onderhandeling onttrek het, weens die waarborgbedrag van €3-miljoen wat deur die Keltiese Liga gevra is as hoofrede.[9][10][11] Teen 7 Februarie het die Italiaanse klubs egter die nodige befondsing bekom.[12] Teen 8 Maart 2010 is ’n ooreenkoms waarin Aironi en Benetton Treviso tydens 2010-’11 aan die Keltiese Liga sou deelneem, gefinaliseer. Die spanne is ook ’n plek in die Heinekenbeker gewaarborg.[13]

Teen die einde van die 2011-’12-seisoen was Aironi as streekspan egter nie meer beskikbaar vir deelname aan toekomstige kompetisies nie, omrede hulle op 6 April 2012 weens finansiële redes ’n voortganglisensie geweier is.[14] Hulle is deur Zebre vervang.[15]

Vorige spanneWysig

Span Jare Ligging Stadion(s) (kapasiteit)
  Aironi 2010–2012 Viadana Stadio Luigi Zaffanella (6 000)
  Border Reivers 2002–2007 Galashiels Netherdale (6 000)
  Celtic Warriors 2003–2004 Bridgend en Pontypridd Brewery Field (12 000)
Sardis Road (8 000)
  Bridgend 2001–2003 Bridgend, Wallis Brewery Field (6 000)
  Caerphilly 2001–2003 Caerphilly, Wallis Virginia Park (5 000)
  Cardiff 2001–2003 Cardiff, Wallis Cardiff Arms Park (12 500)
  Ebbw Vale 2001–2003 Ebbw Vale, Wallis Eugene Cross Park (8 000)
  Llanelli 2001–2003 Llanelli, Wallis Stradey Park (10 800)
  Neath 2001–2003 Neath, Wallis The Gnoll (6 000)
  Newport 2001–2003 Newport, Wallis Rodney Parade (11 676)
  Pontypridd 2001–2003 Pontypridd, Wallis Sardis Road (7 861)
  Swansea 2001–2003 Swansea, Wallis St Helen’s (4 500)

Notas:

  • Voor regionalisering, van 2001 tot 2003, is Wallis deur nege klubs wat in die Walliese Premierskap gespeel het, verteenwoordig.
  • Aironi is deur Zebre vervang, wat beteken dat daar steeds twee Italiaanse spanne was.
  • Die Border Reivers is deur die Skotse Rugbyunie ontbind om geld te bespaar.[16]

Ander landeWysig

Benewens die suksesvolle onderhandeling met Italië,[17][18] is gesprekke op onderbroke basis met Suid-Afrika gevoer oor moontlike uitbreiding van die Pro12.[19][20] ’n 24-span Reënboogbeker met 11 Keltiese, 9 Suid-Afrikaanse en 4 Italiaanse spanne is in 2005 aangekondig,[21] Maar die idee is weens finansiële redes aan Europese kant[20] en leierskapveranderinge in die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU), laat vaar.

London Welsh het in 2006 belangstelling getoon in aansluiting by die Keltiese Liga indien promosie en relegasie uit die Engelse Premierskap verwyder sou word.[22]

UitslaeWysig

Volgens JaarWysig

LigaWysig

Seisoen Spanne Wenner Tweede plek
2001-’02 15   Leinster   Munster
2002-’03 16   Munster   Neath
2003-’04 12   Llanelli Scarlets   Ulster
2004-’05 11   Ospreys   Munster
2005-’06 11   Ulster   Leinster
2006-’07 11   Ospreys   Cardiff Blues
2007-’08 10   Leinster   Cardiff Blues
2008-’09 10   Munster   Edinburgh
2009-’10 10   Ospreys   Leinster
2010-’11 12   Munster   Leinster
2011-’12 12   Ospreys   Leinster
2012-’13 12   Leinster   Ulster
2013-’14 12   Leinster   Glasgow Warriors
2014-’15 12   Glasgow Warriors   Munster
2015-’16 12   Connacht   Leinster
2016-’17 12   Scarlets   Munster
2017-’18 14   Leinster   Scarlets
2018-’19 14   Leinster   Glasgow Warriors

Keltiese BekerWysig

Seisoen Spanne Wenner Tweede plek
2003-’04 12   Ulster   Edinburgh
2004-’05 8   Munster   Llanelli Scarlets

Volgens kampioenskapsegesWysig

Span Titels Jare Tweede plekke Jare
  Leinster 6 2001-’02, 2007-’08, 2012-’13, 2013-’14, 2017-’18, 2018-’19 5 2005-’06, 2009-’10, 2010-’11, 2011-’12, 2015-’16
  Ospreys 4 2004-’05, 2006-’07, 2009-’10, 2011-’12 0
  Munster 3 2002-’03, 2008-’09, 2010-’11 4 2001-’02, 2004-’05, 2014-’15, 2016-’17
  Scarlets 2 2003-’04, 2016-’17 1 2017-’18
  Ulster 1 2005-’06 2 2003-’04, 2012-’13
  Glasgow Warriors 1 2014-’15 2 2013-’14, 2018-’19
  Connacht 1 2015-’16 0
  Cardiff Blues 0 2 2006-’07, 2007-’08
  Edinburgh 0 1 2008-’09
  Neath 0 1 2002-’03

Volgens landWysig

Land Titels Spanne Tweede plekke Spanne
  Ierland 11 Leinster (6), Munster (3), Ulster (1), Connacht (1) 11 Leinster (5), Munster (4), Ulster (2)
  Wallis 6 Ospreys (4), Scarlets (2) 4 Cardiff Blues (2), Neath (1), Scarlets (1)
  Skotland 1 Glasgow Warriors (1) 3 Edinburgh (1), Glasgow Warriors (2)
  Italië 0 0
  Suid-Afrika 0 0

Speler van die jaarWysig

VerwysingsWysig

  1. (en) "Guinness bevestig as PRO12 borg". The Score. 10 Julie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Julie 2014. Besoek op 10 Julie 2014.
  2. (Iers-Gaelies: An tSraith Cheilteach; Italiaans: La Lega Celtica; Skots-Gaelies: An Lìog Cheilteach; Wallies: Y Gynghrair Geltaidd) (cy) "Y Gynghrair Geltaidd". BBC Chwaraeon. 28 September 2005. Besoek op 7 Februarie 2009.
  3. (af) "SA spanne se deelname aan Pro12 bevestig" (html). Netwerk24. 19 Julie 2017. Besoek op 19 Julie 2017.
  4. (it) "Treviso in Celtic League Praetorians Roma bocciati". la Repubblica. 2 Oktober 2009. Besoek op 12 November 2011.
  5. (en) "Italianers sluit dalk by Magners League aan". BBC Sport. 5 Desember 2008. Besoek op 20 Desember 2008.
  6. (en) "Italië bevestig Magners League-skuif". BBC Sport. 19 Desember 2008. Besoek op 20 Desember 2008.
  7. (en) "Italianers kies spanne vir Keltiese Liga". BBC Sport. 18 Julie 2009. Besoek op 18 Julie 2009.
  8. (it) "Il Veneto in Celtic League, Roma fuori". Rugby Veneto. 2 September 2009. Besoek op 6 September 2009.
  9. (it) "Comunicato stampa FIR sulla Celtic League". FIR. 28 Januarie 2010. Besoek op 29 Januarie 2010.
  10. (en) "Italiaanse toetrede tot toernooi nou onwaarskynlik". The Irish Times. 29 Januarie 2010.
  11. (en) "Italianers sluit nie by Magners League aan nie". The Irish Times. Besoek op 8 Februarie 2010.
  12. (en) Fanning, Brendan (7 Februarie 2010). "Italianers sluit tog by Magners-party aan". Irish Independent. Besoek op 8 Februarie 2010.
  13. (en) "Italianers tot Magners League toegevoeg". The Irish Times. 8 Maart 2011. Besoek op 20 Junie 2013.
  14. (en) "Italiaanse span Aironi onttrek aan Pro12 na hul lisensie herroep is". BBC Sport. 6 April 2012.
  15. (en) "Zebras sluit by RaboDirect-pak aan". Sky Sports News. 5 Julie 2012.
  16. (en) "Skotse unie bekap Borders-span". BBC News. 27 Maart 2007.
  17. (en) Kirkup, Jonny (5 Februarie 2008). "Italiaanse Kelte – Doodgebore". WalesOnline. Media Wales. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 November 2008. Besoek op 7 Februarie 2009.
  18. (en) Glover, Tim (17 Desember 2006). "Hoe Italië Europa se sondebokke geword het". The Independent on Sunday. London. Besoek op 7 Februarie 2009.
  19. (en) "Rugby: Groot Organisasies". Talkrugbyunion.co.uk. Besoek op 7 Februarie 2009.
  20. 20,0 20,1 (en) Smith, Wayne (17 Februarie 2009). "Suid-Afrika dreig om Super 14 te verlaat". The Australian. Besoek op 17 Februarie 2009.
  21. (en) "Keltiese lande in nuwe Reënboogbeker". BBC Sport. 10 Mei 2005. Besoek op 7 Februarie 2009.
  22. (en) "London Welsh beoog Keltiese skuif". BBC Sport. 21 Desember 2006. Besoek op 7 Februarie 2009.
  23. (en) "Ruan Pienaar kry Ulster se Speler van die Jaar-toekenning". BBC Sport. 11 Mei 2011.
  24. (en) "Nick Williams benoem as PRO12 Speler van die jaar". RTÉ Sport. 6 Mei 2013.
  25. (en) "Connacht oorheers Pro12-toekennings met Bundee Aki en Pat Lam wat die groot pryse wen". BBC Sport. 8 Mei 2016. Besoek op 21 Mei 2016.
  26. (en) "Newstalk 7th May 2017".
  27. (en) "Ireland international Tadhg Beirne voted Pro14 player of the season". BBC Sport. 20 Augustus 2018. Besoek op 19 September 2018.
  28. (en) "Edinburgh rule Guinness PRO14 2019 Season Awards". GuinnessPro14. 5 Mei 2019. Besoek op 24 Mei 2019.

Eksterne skakelsWysig