Quatro de Fevereiro-lughawe
Quatro de Fevereiro Internasionale Lughawe (Portugees: Aeroporto Internacional 4 de Fevereiro, Swahili: Uwanja wa Ndege wa Kimataifa wa Quatro de Fevereiro IATA: LAD, ICAO: FNLU) is die belangrikste internasionale lughawe van Angola. Dit is geleë in die suidelike deel van die hoofstad Luanda in die Luanda-provinsie. Quatro de Fevereiro beteken 4 Februarie, wat 'n belangrike nasionale vakansiedag in Angola is, wat die begin van die gewapende stryd teen die Portugese koloniale regime op 4 Februarie 1961 aandui. In 2018 is sowat 5,6 miljoen passasiers vervoer.[1]
Quatro de Fevereiro Int. Lughawe Aeroporto Internacional 4 de Fevereiro | |||
---|---|---|---|
IATA: LAD – ICAO: FNLU | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Militêr / openbaar | ||
Operateur | ENANA | ||
Ligging | Luanda, Angola | ||
Spil vir | *Fly Angola | ||
Hoogte bo seevlak | 243 vt / 74 m | ||
Koördinate | 08°51′30″S 13°13′52″E / 8.85833°S 13.23111°O | ||
Webtuiste | |||
Landkaart | |||
| |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
m | vt | ||
05/23 | 3 716 | 12 190 | Asfalt |
07/25 | 2 600 | 8 530 | Asfalt |
Statistieke (2018) | |||
Passasiers | 5 600 000 9.4% | ||
Lugbewegings | 65 843 1.8% |
Geskiedenis
wysigDie konstruksie van die lughawe het in 1951 begin om die hoofstad van die voormalige Portugese oorsese provinsie Angola te bedien. Dit is in 1954 deur die Portugese president Craveiro Lopes ingewy, die lughawe is ter ere van hom genoem Aeroporto Presidente Craveiro Lopes (President Craveiro Lopes-lughawe).
In Augustus, September en Oktober 1975 het die lughawe tienduisende meestal wit Portugese Angolese gehuisves wat na Lissabon gevlug het (tydens Operasie Air Bridge) wat in die weke voor Angola se Onafhanklikheid uitgekamp terwyl hulle op ontruimingsvlugte gewag het.[2][3]
Fasiliteite
wysigDie lughawe is op 'n hoogte van 74 m bo seevlak. Dit het twee asfalt geplaveide aanloopbane: 05/23 en 07/25.[4] Die lughawe sal eersdaags vervang word deur die nuwe Angola Internasionale Lughawe. Bouwerk het reeds begin, maar die opening daarvan is uitgestel weens finansiële probleme aan die kant van die Angolese regering.[5]
Verwysings
wysig- ↑ Macauhub: Over 2 million passengers processed at Luanda Airport Angola in first half of 2010 30 November 2009
- ↑ "Flight from Angola". The Economist. 16 Augustus 1975. Besoek op 26 Februarie 2018.
- ↑ "More Planes and Troops Sought for Angola Airlift". The New York Times. 10 September 1975. Besoek op 4 Junie 2019.
- ↑ Airport information for FNLU Geargiveer 6 Oktober 2013 op Wayback Machine van DAFIF
- ↑ Angola: Luanda's costly new airport raises questions. theafricareport.com. 18 November 2014 (inglês)
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |