Richard E. Grant
Richard E. Grant (gebore op 5 Mei 1957 as Richard Grant Esterhuysen)[1][2] is ’n Swazi-Engelse akteur.[3] Hy het sy rolprentdebuut gemaak as Withnail in die drama Withnail and I (1987). Ander fliekrolle sluit in Jack Seward in Bram Stoker's Dracula (1992) en Zander Rice in Logan (2017). Hy is vir ’n Oscar vir beste byspeler benoem vir sy rol as Jack Hock in Can You Ever Forgive Me? (2018). Op televisie het Grant verskyn in reekse soos Game of Thrones en Doctor Who.
Richard E. Grant | |
Grant in 2018.
| |
Geboortenaam | Richard Grant Esterhuysen |
---|---|
Geboorte | 5 Mei 1957 Mbabane, Swaziland |
Nasionaliteit | Brits, Swazi |
Beroep(e) | Akteur |
Aktiewe jare | 1980-tans |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Grant is as Richard Grant Esterhuysen in Mbabane, Swaziland (nou eSwatini), gebore.[4][5][6] Hy het in Mbabane skoolgegaan en daarna Engels en drama aan die Universiteit van Kaapstad studeer. Hy het sy verhoognaam aangeneem nadat hy na Brittanje verhuis en by Equity geregistreer het.
Verwysings
wysig- ↑ "STAR PROFILE Richard E Grant". Evening Times. 5 Junie 2003. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 November 2012. Besoek op 26 Februarie 2019.
- ↑ The World According To Grant, The Evening Standard Magazine - Friday 17 Januarie 2003
- ↑ Busy Making Other Plans: Richard E. Grant, stopsmilingonline.com, 21 Junie 2006.
- ↑ "Richard E. Grant Biography (1957-)". www.filmreference.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Desember 2019. Besoek op 8 Januarie 2018.
- ↑ "Richard E. Grant Biography – Yahoo! Movies" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Januarie 2012.
- ↑ "Richard E Grant: At 11 I caught my mother cheating with dad's best". Evening Standard (in Engels). 20 September 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 November 2018.
Eksterne skakels
wysig- Richard E. Grant in die Internet-rolprentdatabasis
- Amptelike webtuiste
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Richard E. Grant.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia