SAS Maria van Riebeeck

duikboot

SAS Maria van Riebeeck, later hernoem na SAS Spear, was 'n Daphné-klas duikboot van die Suid-Afrikaanse Vloot. Die duikboot is in Frankryk gebou gedurende die 1960's en is die Suid-Afrikaanse Vloot se eerste duikboot. Die duikboot is opgebreek as skroot in Junie-Julie 2003.

Tegniese besonderhedeWysig

Die duikboot het 869 metrieke ton water op die oppervlakte en 1043 metrieke ton onder die water verplaas. Dit was 57.8 m lank, 6.8 m wyd met 'n diepgang van 4.6 m. Die duikboot was toegerus met twee SEMT Pielstick 969 kW diesel enjins vir gebruik op die oppervlakte, elk het 'n skroef aangedryf. Vir gebruik onder die water was die duikboot toegerus met twee 1,193 kW elektriese motors wat ook elk 'n skroef aangedryf het. Die Maria van Riebeeck kon 'n snelheid van 13.5 knope behaal op die oppervlakte en 16 knope onder die water. Terwyl dit die snorkel gebruik het, het die duikboot 'n tog afstand van 4 500 seemyl gehad teen 5 knope. Dit was toegerus met twaalf torpedo's van 550 mm, agt voor in die boeg en vier in die agterstewe. Die duikboot het 'n bemanning van ses offisiere en 41 seemanne gehad.[1]

Konstruksie en loopbaanWysig

Die duikboot se kiel is gelê op 14 Maart 1968 by die skeepswerf van Dubigeon-Normandie in Nantes, te water gelaat op 18 Maart 1969 en in diens gestel op 22 Junie 1970.[1]

Op 20 Augusts 1970 was die Maria van Riebeeck in 'n botsing met die Franse duikboot Galatée (ook 'n Daphné-klas duikboot) betrokke naby Toulon. Die skade aan beide duikbote was ernstig, met die Galatée wat gedwing was om haarself te strand om sinking te verhoed.[2]

Die duikboot se sonar en elektronika is opgegradeer, dit opgradering is voltooi in 1992.[3] Die duikboot is opgebreek vir skroot in Simonstad deur SA Metal and Machinery Co. (Pty) Ltd gedurende Junie-Julie 2003.[4]

VerwysingsWysig

  1. 1,0 1,1 Moore, p. 400
  2. "World's Navy News". Warship International. Vol. VII no. 4. 31 December 1970. pp. 314–15.
  3. Gardiner, Chumbley & Budzbon, p. 335
  4. "SAS Assegaai to be preserved as museum". DefenseWeb. Besoek op 26 October 2016.

BronneWysig

  • Gardiner, Robert; Chumbley, Stephen; Budzbon, Przemysław (1995). Conway's All the World's Fighting Ships 1947-1995. Annapolis, Maryland: Naval Institute Press. ISBN 1-55750-132-7.
  • Moore, John, Captain RN, red. (1981). Jane's Fighting Ships 1981–82. London: Jane's Pub. Co. ISBN 0-7106-0728-8.

Verdere leesstofWysig

  • Du Toit, Allan (1992). South Africa's Fighting Ships: Past and Present. Rivonia, South Africa: Ashanti Publishing. ISBN 1-874800-50-2.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.