Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap
Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Beperk) (Engels: South African National Roads Agency, afgekort SANRAL) is 'n Suid-Afrikaanse publieke maatskappy wat verantwoordelik is vir die bestuur, instandhouding en ontwikkeling van Suid-Afrika se nasionale padnetwerk. SANRAL is in 1998 ingevolge die wet op die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap Beperk en Nasionale Paaie, wet nr. 7 van 1998, gestig. Hulle hoofkantoor is in Hatfield, Pretoria, Gauteng.
Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap | |
Tipe | Staatsmaatskappy |
---|---|
Gestig | 19 Mei 1998 |
Hoofkantoor | Hatfield, Pretoria, Gauteng, Suid-Afrika |
Sleutelpersone | Lot Ndlovu (voorsitter) Skhumbuzo Macozoma (hoofuitvoerendebeampte) |
Gebied bedien | Suid-Afrika |
Industrie | Padvervoer |
Dienste | Padbestuur, instandhouding en ontwikkeling |
Inkomste | R3 634 570 000 (2009)[1]:105 |
Bedryfsinkomste | R1 928 563 000 (2009)[1]:105 |
Netto inkomste | R1 012 853 000 (2009)[1]:105 |
Werknemers | 178 |
Moedermaatskappy | Regering van Suid-Afrika |
Webwerf | sanral.co.za |
e-tol
wysig- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: e-tol.
Op 3 Desember 2013 stel SANRAL 'n omstrede e-tolstelsel op die hoofweë van Gauteng in werking. Die paaie wat hierdeur geraak word is die N1, N3, N12 en die R21. Motoriste wat die paaie gebruik kan 'n e-skyfie koop of 'n dagpas aanskaf. Rekeninge word uitgestuur aan padgebruikers wat nie by SANRAL geregistreer is nie.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 "Annual Report .09" (PDF) (in Engels). Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 2 Maart 2012. Besoek op 3 Januarie 2010.
Eksterne skakels
wysig- (en) SANRAL se amptelike webtuiste Geargiveer 13 Junie 2012 op Wayback Machine