Sinatrukes van Partië

Sinatrukes was van 75 tot 69 v.C. koning van die Partiese Ryk.[1] Hy was vermoedelik die seun van die Partiese heerser Mitridates I (bewind: 171-132 v.C.). Sinatrukes is deur sy seun Fraates III opgevolg.

Sinatrukes
Groot koning
Coin of Sinatruces, Ray mint (2).jpg
'n Muntstuk van Sinatrukes.
Koning van die Partiese Ryk
HeerskappyOmstreeks 75-69 v.C.
VoorgangerOrodes I
OpvolgerFraates III
Geborec. 158 v.C.
Oorlede69 v.C. (op 90)
DinastieArsakiede
VaderMitridates I (?)
ReligieZoroastrisme

Die Partiese Ryk het sedert die dood van Mitridates II begin verval. Die gesag van die koning het afgeneem en grondgebied is aan die bure afgestaan.[2] Sinatrukes het die situasie uitgebuit en saam met die Saka, by wie hy gewoon het, die troon omstreeks 75 v.C. oorgeneem toe hy 80 jaar oud was.[3] Dié tak van die Arsakiede is deur die moderne historikus Marek Jan Olbrycht die "Sinatrukiede" gedoop; hulle het tot in 12 n.C. oor die ryk regeer.[4]

Sinatrukes is in 69 v.C. dood en is opgevolg deur sy seun Fraates III.[5]

VerwysingsWysig

  1. Kia 2016, p. 195; Dąbrowa 2012, p. 169; Olbrycht 2016, pp. 23–24; Shayegan 2011, p. 235; Curtis 2012, p. 69
  2. Dąbrowa 2012, p. 171.
  3. Olbrycht 2015, pp. 362–363; Olbrycht 2016, pp. 23–24; Shayegan 2011, p. 235
  4. Olbrycht 2016, p. 3.
  5. Kia 2016, p. 195; Dąbrowa 2012, p. 169; Olbrycht 2015, p. 363; Shayegan 2011, p. 235

BronneWysig

  • Dąbrowa, Edward (2012). "The Arsacid Empire". In Daryaee, Touraj (red.). The Oxford Handbook of Iranian History. Oxford University Press. pp. 1–432. ISBN 978-0-19-987575-7.
  • Kia, Mehrdad (2016). The Persian Empire: A Historical Encyclopedia [2 volumes]. ABC-CLIO. ISBN 978-1610693912.
  • Olbrycht, Marek Jan (2016). "Dynastic Connections in the Arsacid Empire and the Origins of the House of Sāsān". In Curtis, Vesta Sarkhosh; Pendleton, Elizabeth J.; Alram, Michael; Daryaee, Touraj (reds.). The Parthian and Early Sasanian Empires: Adaptation and Expansion. Oxbow Books. ISBN 9781785702082.
  • Shayegan, M. Rahim (2011). Arsacids and Sasanians: Political Ideology in Post-Hellenistic and Late Antique Persia. Cambridge University Press. pp. 1–539. ISBN 9780521766418.
  • Olbrycht, Marek Jan (2016). "Dynastic Connections in the Arsacid Empire and the Origins of the House of Sāsān". In Curtis, Vesta Sarkhosh; Pendleton, Elizabeth J.; Alram, Michael; Daryaee, Touraj (reds.). The Parthian and Early Sasanian Empires: Adaptation and Expansion. Oxbow Books. ISBN 9781785702082.

SkakelsWysig

Voorganger
Orodes I
Sinatrukes Opvolger
= Fraates III