Slag van Sjanghai
Die Slag van Sjanghai in 1937 was die eerste van twee en twintig groot gevegte van die Tweede Sino-Japannese Oorlog. Hierdie stryd in en om die stad Sjanghai was een van die bloedigste van die hele oorlog.
Slag van Sjanghai | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Deel van die Tweede Sino-Japannese Oorlog | |||||||
'n Chinese masjiengeweer stelling in Sjanghai | |||||||
| |||||||
Strydende partye | |||||||
China (1937–1945) |
Japan (1937–1945) | ||||||
Aanvoerders | |||||||
Tsjiang Kai-sjek | Hirohito | ||||||
Ongevalle en verliese | |||||||
200 000 | 70 000 |
Die slag het op 13 Augustus 1937 begin met Japannese vuur en Chinese teenaanvalle. 'n Dag later het die Japannese lugmag die stad gebombardeer, wat tien duisende burgerlike sterftes tot gevolg gehad het. Die landing in golwe van Japannese grond troepe het op 23 Augustus begin. Die Chinese leër het vir twee maande hardnekkig die stad verdedig met die hoop op 'n westerse ingryping teen Japan, omdat beide Brittanje, Frankryk en die Verenigde State tradisioneel baie belange in die Sjanghai Internasionale Konsessie gehad het. Maar vanaf 26 Oktober het die Chinese onttrekking uit die stad begin. Die aantal sterftes word geskat op 200 000 aan die Chinese kant en 70 000 aan die Japannese kant.
Die stryd van Sjanghai het dit duidelik gemaak dat die weermag van Chiang Kai-shek nie opgewasse was ten die Japannese weermag was nie. China moes terugtrek na die westelike binneland en die gesag van Chiang Kai-shek het daarna begin afneem.
Notas
wysigHierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal. |