Slowenië

Land in suidelike Sentraal-Europa
(Aangestuur vanaf Slovenië)

Slowenië (Sloweens: Slovenija, [slɔˈʋèːnija], ), amptelik die Republiek Slowenië (Republika Slovenija, ), is 'n land in die suidelike Sentraal-Europa, aan die suidoostelike uitlopers van die Alpe. Slowenië beslaan 'n oppervlakte van 20 271 km² en het 'n bevolking van 2 108 708 in 2021 gehad.

Republiek Slowenië
Republika Slovenija (Sloweens)
Vlag van Slowenië Wapen van Slowenië
Vlag Wapen
Volkslied: Zdravljica
(Sloweens vir: "’n Heildronk")
Ligging van Slowenië
Hoofstad Ljubljana

46°3′N 14°30′O / 46.050°N 14.500°O / 46.050; 14.500

Grootste stad Ljubljana
Amptelike tale Sloweens
Regering Unitêre parlementêre
grondwetlike republiek
Nataša Pirc Musar
Robert Golob
Onafhanklikheid
• Staat van Slowene,
Kroate en Serwiërs
• Koninkryk van Serwiërs,
Kroate en Slowene
(Koninkryk Joego-Slawië)
• Sloweense nasieskap
• Joego-Slawië word republiek
• Sloweense onafhanklikheid
• Brioni-ooreenkoms
• Huidige grondwet
van Joego-Slawië

29 Oktober 1918


1 Desember 1918
19 Februarie 1944
29 November 1945
25 Junie 1991[1]
7 Julie 1991
23 Desember 1991
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
20 271 km2  (150ste)
7 827 myl2
0,43 (2015)[2]
Bevolking
 - 2021-skatting
 - 2002-sensus
 - Digtheid
 
2 108 708[3] (147ste)
1 964 036
103 / km2 (106de)
266,8 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2022-skatting

$105,450 miljard[4] (93ste)
$49 968[4] (34ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2022-skatting

$62,191 miljard[4] (80ste)
$29 469[4] (36ste)

MOI (2021) 0,918[5] (23ste)  –  baie hoog
Gini (2021) 23,0[6](1ste) –  laag
Geldeenheid Euro (€) (EUR)
Tydsone
 - Somertyd
MET (UTC+1)
MEST (UTC+2)
Internet-TLD .si
Skakelkode +386
Nasa-Satellietbeeld van Slowenië
Topografiese kaart van Slowenië

Slowenië word in die weste begrens deur Italië, in die suide deur die Adriatiese See, Kroasië in die suide en ooste, Hongarye in die noordooste en Oostenryk in die noorde. Die hoofstad en grootste stad is Ljubljana.

Tot en met sy onafhanklikheid in 1991 was Slowenië 'n deelstaat van Joego-Slawië. Slowenië is sedert 1 Mei 2004 een van die lidlande van die Europese Unie en op 1 Januarie 2007 is die Euro as geldeenheid ingevoer. Die land is ook 'n lid van die Europese Raad, NAVO en het waarnemerstatus in die gemeenskap van Franstalige state, La Francophonie.

Slowenië is die welvarendste en mees ontwikkelde van alle voormalige Joego-Slawiese deelstate. Op 25 Junie 1991, aan die begin van die Joego-Slawiese oorloë het Kroasië en Slowenië gelyktydig hul onafhanklikheid van Joego-Slawië verklaar, waarmee die verbrokkeling van dié multi-etniese staat, maar ook die Joego-Slawiese Oorlog van die 1990's, begin het.

Verwysings

wysig
  1. (en) Mirjam Škrk (1999). "Recognition of States and Its (Non-)Implication on State Succession: The Case of Successor States to the Former Yugoslavia". In Mojmir Mrak (red.). Succession of States. Martinus Nijhoff Publishers. p. 5.
  2. (en) "Surface water and surface water change". OESO. Besoek op 31 Desember 2022.
  3. "Prebivalstvo". Sloweense Statistiekkantoor. Besoek op 31 Desember 2022.
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 (en) "Slovenia". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2022. Besoek op 31 Desember 2022.
  5. (en) "Human Development Report 2021/2022" (PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op 31 Desember 2022.
  6. (en) "Gini coefficient of equivalised disposable income – EU-SILC survey". Eurostat. Besoek op 31 Desember 2022.

Bronne

wysig
Algemeen

Eksterne skakels

wysig
Toerisme