Verskil tussen weergawes van "Energiekrisis"

Geen grootteverandering nie ,  8 jaar gelede
k (Rol weergawe 664874 deur 41.174.9.73 (bespreek) terug.)
 
===Olieverskaffing===
Die verskaffing van olie word grootliks beheer deur die nasionale oliemaatskappye van nasies met betekenisvolle reserwes goedkoop olie, wat onder andere insluit [[Verenigde Arabiese Emirate|VAE]], [[Saoedi-Arabië]], [[Venezuela]], [[Noorweë]] en [[Koeweit]]. Baie van die lande het 'n [[kartel]] gevorm bekend as [[OPEC]] (Organisasie van petroleum uitvoer lande). OPEC beheer 'n baie groot deel van die wêreld se olieproduksie en kan dus 'n sterk invloed op die prys van olie uitoefen. Wanneer OPEC besluit om produksie kwotas te sny sal die prys geneig wees om te styg as gevolg van die verminderde olieverskaffing. Soortgelyk kan 'n opwaartse aanpassing in produksiesyfers die prys laat daal. Die politiek rondom die vorming van OPEC maak ook interresanteinteressante leesstof.
 
OPEC is egter beperk in die mate waartoe hulle die prys kan beïnvloed. Indien hulle die prys te hoog laat styg word die vraag na olie beïnvloed en kan minder produktiewe olievelde en ander onkonvensionele bronne soos [[teersand]] winsgewend ontgin word. Verder is die ekonomieë van olie uitvoerlande afhanklik van olie inkomstes en kan pogings om die verskaffing te veel te sny 'n negatiewe uitwerking op daardie lande se ekonomieë hê.
Anonieme gebruiker