Verskil tussen weergawes van "Sparta"

1 greep verwyder ,  8 jaar gelede
(+ Inligtingskas)
[[Lêer:Helmed Hoplite Sparta.JPG|thumb|links|upright|Hopliet van Sparta]]
[[Lêer:Sparta ruins.PNG|thumb|links|200px|Bouvalle van antieke Sparta]]
 
Die naam Sparta roep by baie nog beelde op van die aankweek van ongenaakbare tug en selfbeheersing, die nugtere, harde lewe in die kaserne waar mans gesamentlik van die berugte swart [[bloedsop]] geëet het, die doodmaak van die swakker kinders (ondermeer in die [[Apothetai]]), die afwesigheid van stadsmure ''want die breë borste van die Spartaanse manne sou daarvoor dien''. Sparta se reputasie is dalk deur hulle vyandig gesinde tydgenote ietwat oordryf, maar sy was ongetwyfeld een van die leidinggewende moondhede van antieke Griekeland en haar invloed was hoofsaaklik gebaseer op loutere militêre mag.
 
'n Vreemde en interresanteinteressante feit van Sparta was dat sy waarskynlik die mees bevryde staat was in Griekeland. Nêrens anders in Griekeland het 'n vrou soveel vryheid geniet nie. Hierdie vryheid het beteken dat vroue net soos manne as soldate opgelei is, sodat hulle Sparta kon verdedig as die manne weg was. Die kinders van Sparta is ook gesamentlik opgevoed en opgelei vir die leër. Die doel daarvan was om die onderlinge band tussen hulle te versterk wat dan gelei het tot sterker en meer gemotiveerde soldate.
 
Geskiedkundiges is van mening dat in die lig van die gebrek aan nog ouer bronne, dat die geskiedenis van Sparta begin het in die 10de eeu v.C., tydens die inval van 'n [[Doriërs|Doriese stam]] wat die gebied aan hul onderwerp het en die oorspronklike nie-Doriese inwoners as [[slawerny|slawe]] op die lande laat werk het.
 
== Monargie ==
Anonieme gebruiker