Verskil tussen weergawes van "Laingsburgvloed"

 
Die rede vir die groot skade en lewensverlies is stellig dat mense niksvermoedend die dorp in die meestal droërige loop van die Buffelsrivier gebou het sonder om die gevaar van ’n skielike vloed te besef. Mense wat met openbare veiligheid te doen het, sê die Laingsburg-ramp beklemtoon die noodsaaklikheid van paraatheid. Die vloed het die Laingsburgers nie net totaal onverhoeds betrap nie, maar hulle was ook heeltemal onvoorbereid omdat hulle in hul droë wêreld glad nie sulke ernstige oorstromings geken het nie.
Die Floriskraaldam, 24 Km suidoos van die dorpie, is in die 1950`s in die [[BuffelrivierBuffelsrivier]] gebou om sowat 1700 ha landbougrond te besproei. Die bakmaat van die dam is 68 miljoen m³.
 
Tydens die vloed is die bodem en walle van die rivier weggevoer en al wat oor is, is die rotse op die rivierbodem. Plante het reeds terug gegroei maar plantegroei kan nie die skade aan die rivierbodem verbloem nie. 'n Mens kan moeilik jouself indink dat die klein stroompie wat vandag onderdeur die pad en spoor brûe vloei, met die vloed tot bokant die brûe gestyg het en beide brûe weggevoer het. Mense het gedink die siviele ingenieurs wat die [[N1]] snelweg gebou het, was gek om sulke hoë brûe te bou met sulke geweldige boë vir so ’n smal stroompie. Net die boë van die spoorwegbrug het die vloed deurstaan. Die water was meer as 2m diep in die hoofpad van die dorp toe die vloed op sy hoogste was.
Anonieme gebruiker