Bram Stoker: Verskil tussen weergawes

836 grepe bygevoeg ,  9 jaar gelede
k
 
Die oorspronklike notas, wat Stoker tydens sy navorsing gemaak het, word in die ''Rosenbach Museum and Library'' in [[Philadelphia]], Pennsilvanië bewaar. 'n Faksimile van hierdie notas is in 1998 deur Elizabeth Miller en Robert Eighteen-Bisang gemaak.
 
==Dood==
 
[[Lêer:Golders Green crematorium (pictures) 002.jpg|thumb|In Golders Green]]
Ná 'n aantal beroertes is Stoker op 20 April 1912 in 26 St George's Square oorlede. Sommige biograwe het die oorsaak van sy dood aan tersiêre sifilis toegeskryf.<ref>Peter Gibson: ''The Capital Companion''. Webb & Bower 1985, bl. 365-366</ref> Die skrywer is [[verassing|veras]] en sy as in 'n sierurn in die Golders Green-krematorium begrawe. Ná Irving Noel Stoker se afsterwe in 1961 is ook sy as by daardie urn gevoeg.
 
Die oorspronklike plan was om die as van sy ouers saam te begrawe, maar Florence Stoker se as is ná haar afsterwe in die ''Gardens of Rest'' verstrooi. Om vandalisme te voorkom, mag besoekers die kamer, waarin Stoker se sterflike oorskot bewaar word, slegs onder toesig en begeleiding van krematorium-personeel betree.
 
== Verwysings ==