Bram Stoker: Verskil tussen weergawes

20 grepe bygevoeg ,  10 jaar gelede
k
 
[[Lêer:Golders Green crematorium (pictures) 002.jpg|thumb|In Golders Green]]
Alhoewel ''Dracula'' uiteindelik ook 'n kommersiële sukses was, kon Stoker nie meer die vrugte daarvan pluk nie. Ná 'n aantal beroertes is Stoker op 20 April 1912 in 26 St George's Square oorlede. Die skrywer, wat hier in beskeie omstandighede gewoon het, is moontlik van fisieke uitputting dood, alhoewel sommige biograwe die oorsaak van sy doodafsterwe aan tersiêre sifilis toegeskryf het.<ref>Peter Gibson: ''The Capital Companion''. Webb & Bower 1985, bl. 365-366</ref> DieStoker skrywerse sterflike oorskot is [[verassing|veras]] en sy as in 'n sierurn in die Golders Green-krematorium begrawe. Ná Irving Noel Stoker se afsterwe in 1961 is ook sy as by daardie urn gevoeg.
 
Die oorspronklike plan was om die as van sy ouers saam te begrawe, maar Florence Stoker se as is ná haar afsterwe in die ''Gardens of Rest'' verstrooi. Om vandalisme te voorkom, mag besoekers die kamer, waarin Stoker se sterflike oorskot bewaar word, slegs onder toesig en begeleiding van krematorium-personeel betree.