Bram Stoker: Verskil tussen weergawes

119 grepe bygevoeg ,  9 jaar gelede
k
 
== Postume werke ==
[[Lêer:Bela lugosi dracula.jpg|thumb|regs|Bela Lugosi het in 1931 die hoofrol in Tod Browning se ''Dracula'' vertolk]]
 
'n Bundel met kortverhale, ''Dracula's Guest and Other Weird Stories'', is in [[1914]] deur Stoker se weduwee Florence gepubliseer. Die eerste verfilming van die meesterwerk ''Dracula'', ''Nosferatu'' onder regie van Friedrich Wilhelm Murnau, het in [[1922]] in rolprentteaters gedraai. Die maak van die rolprent, waarin Max Schreck die hoofrol as ''Graaf Orlok'' vertolk het, is egter nie vooraf deur Florence Stoker gemagtig nie, en sy het ook geen tantième van die Duitse vervaardigers ontvang nie. Ná 'n hofsaak, wat deur prokureurs van die ''British Incorporated Society of Authors'' namens Florence Stoker enkele jare lank gevoer en in Julie [[1925]] ten gunste van haar besleg is, moes alle negatiewe en kopieë van die rolprent vernietig word.