Bram Stoker: Verskil tussen weergawes

1 greep bygevoeg ,  9 jaar gelede
k
== ''Lyceum Theatre'' en latere loopbaan ==
 
In [[1878]] het Stoker met 'n vroeëre buurvrou uit Clontarf, Florence Balcombe getrou, die dogter van luitenant-kolonel James Balcombe. [[Oscar Wilde]] was 'n vroeëre vryer van hierdie mooi vrou.<ref>''Irish Times'', 8 Maart 1882, bl. 5</ref> Stoker en Wilde was kennisse sedert hul studentedae, en Stoker het Wilde gedurende sy ampstermyn as president van die universiteit se ''Philosophical Society'' vir lidmaatskap aanbeveel. Wilde was ontsteld oor Florence se besluit, maar StokeStoker het sy verhouding met Wilde later herstel en hom ná sy val op die Europese vasteland besoek.<ref>''Why Dracula never loses his bite''. In: ''[http://www.irishtimes.com/newspaper/weekend/2009/0328/1224243595688.html Irish Times]'', 3 Maart 2009</ref>
[[Lêer:London Lyceum Theatre 2007.jpg|thumb|links|Die Londense ''Lyceum Theatre'' in 2007]]
Die stokers het hulle in Chelsea, Londen gevestig waar Stoker as waarnemende bestuurder en later as sakebestuurder van Irving se ''Lyceum Theatre'' aangestel is - 'n pos wat hy 27 jaar lank sou beklee. Op [[31 Desember]] [[1879]] is Bram en Florence se enigste kind gebore, 'n seun wat as Irving Noel Thornley Stoker gedoop is. Die samewerking met Irving was vir Stoker van groot belang, en hy het sodoende toegang tot Londen se hoër kringe gekry en kennis gemaak met James Abbott McNeill Whistler en Sir Arthur Conan Doyle, 'n verre verwant van hom.