Verskil tussen weergawes van "Barnsteen"

3 grepe verwyder ,  8 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
 
== Etimologie ==
 
Die [[Afrikaans]]e benaming ''barnsteen'' is afgelei van die Laat-Middelnederlandse ''bernsteen'', 'n ontlening aan [[Nederduits|Middelnederduits]] waar ''bârnsteen'' of ''bêrnsteen'' na die brandbaarheid van fossiele hars verwys het. ''Steen'' beteken hier ''edelsteen''.<ref>J. de Vries/F. de Tollenaere: ''Waar komen onze woorden vandaan? Dertiende druk''. Utrecht/Antwerpen: Aula/Het Spectrum 1983, bl. 60</ref>
 
[[Lêer:Amber hg.jpg|thumb|right|250px|Barnsteen, Ø 12 cm]]
[[Lêer:Spider in amber (1).jpg|thumb|right|250px|'n [[Spinnekop]] wat miljoene jare gelede in barnsteen vasgevang is]]
 
Alhoewel barnsteen gewoonlik lig- tot goudgeel of geelbruin is, kom 'n groot aantal variëteite voor waarvan die kleurskakerings van kleurloos of wit tot oranje, rooi en bruin kan strek. Afhangende van die soort en hoeveelheid plantmateriaal wat in 'n barnsteenklont gepreserveer is, is daar ook groenerige en selfs diepswart barnstene. Troebel barnstene bevat baie klein borreltjies lug wat selfs met 'n ligmikroskoop nie gesien kan word nie - hulle grootte wissel tussen 0,0002 en 0,0008 millimeter, en hul aantal kan tot by 900&nbsp;000 per kubieke millimeter beloop. Skitterende blou barnstene is skaars en word veral in die [[Dominikaanse Republiek]] ontgin. Die buitengewone kleureffek word waarskynlik deur 'n besondere [[ligbreking]] veroorsaak.
 
 
=== Chemiese eienskappe ===
[[Lêer:Borneo amber from Sabah, Malaysia.JPG|thumb|rightregs|250px|Geslypte en gepoleerde Borneo-barnsteen uit Sabah, [[Maleisië]] - 'n baie harde variëteit]]
 
Barnsteen bestaan hoofsaaklik uit [[koolstof]] (tussen 67 en 81 persent) en daarnaas uit [[waterstof]] en [[suurstof]], soms ook uit klein hoeveelhede [[swael]] (1 persent). Indien mineraliese bestanddele ingesluit is, kan ook ander elemente in barnsteen voorkom. Barnsteen is 'n mengsel van verskillende stowwe en hul oksidasieprodukte wat in lang polimere aan mekaar gebind is. Bestanddele, wat in barnsteen gevind word, sluit byvoorbeeld abiëtiensuur, isopimaarsuur, agathendisuur asook sandraracopimarsuur in. Barnsteen se onoplosbare bestanddeel, 'n ester, word succinien (of reseen, sucinoreseen) genoem. Tot dusver is meer as 70 organiese verbindings gevind wat by die vorming van Baltiese barnsteen (succiniet) betrokke is.
 
== Verspreiding ==
=== Oossee- en Baltiese gebied ===
[[Lêer:Ambre bleu dominicain 21207.jpg|thumb|rightregs|250px|Hierdie blou barnsteen behoort tot 'n variëteit wat tussen 25 en 40 miljoen jaar gelede in die gebied van die huidige Dominikaanse Republiek ontstaan het]]
 
[[Lêer:Dragon dominican blue amber.jpg|thumb|right|250px|Hierdie Sjinese draak is uit blou Dominikaanse barnsteen gesny]]
Die belangrikste voorkomste van barnsteen in Europa is oor die hele Oosseegebied verspreid en word hier veral in Samland, tussen die Wisla-haf en die [[Koerse Haf]] in die Kaliningradse Gebied ('n [[eksklawe]] van die [[Russiese Federasie]] tussen [[Pole]] en [[Litaue]]), in Pole en in Litaue aangetref. Hierdie Baltiese barnsteen (succiniet) het tussen 40 en 50 miljoen jaar gelede ontstaan, en die heersende opvatting is dat dit op 'n boomspesies teruggaan wat nou verwant aan die huidige goudlariks is.
 
=== Afrika ===
 
In [[Afrika]] word [[kopal]] in die kusgebiede van Oos- en Wes-Afrika gevind, veral op [[Madagaskar]]. Hierdie sogenaamde Madagaskar-barnsteen het egter eers tussen 1&nbsp;000 en 100&nbsp;000 jaar oud en bestaan uit verharde boomhars van die barnsteendenneboom. Barnsteen met 'n ouderdom van sowat 60 miljoen jaar word in [[Nigerië]] aangetref.
 
=== Amerika ===
 
Barnsteen uit die Dominikaanse Republiek is danksy sy helderheid en sy rykdom fossiele insluitings die gewildste variant in die westelike hemisfeer<ref>Manuel A. Iturralde-Vennet: ''Geology of the Amber-Bearing Deposits of the Greater Antilles''. In: ''Caribbean Journal of Science'', vol. 00, nommer 0, 141–167, 2001</ref>. Ander bekende voorkomste sluit dié van Cedar Lake in [[Kanada]] en dié van die [[Verenigde State|Amerikaanse]] deelstaat [[New Jersey]] in.
 
 
== Ontstaansgeskiedenis ==
 
Baltiese barnsteen het sowat 40 tot 50 miljoen jaar gelede in die Eoseen in Fennoscandia ontstaan - 'n subtropiese bosgebied wat destyds die suidelike Skandinawië en die Oosseestreek beslaan het en waar die tans uitgestorwe barnsteen-dennebome (Latyns ''Pinus succinifer'' - "sappige denneboom") gefloreer het.
 
 
=== Die Barnsteenwoud ===
[[Lêer:Gouttes-drops-resine-2.jpg|thumb|rightregs|200px|Klein druppels hars op die bas van 'n sparboom]]
 
Die ontstaansgeskiedenis van barnsteen strek terug tot in die Eoseen sowat 50 miljoen jaar gelede - 'n tyd toe Eurasië en Amerika nog deur 'n landbrug verbind was en die noordwaartse verskuiwing van die Afrika-plaat 'n proses van bergvorming aan die gang gesit het waardeur die [[Alpe]] sou ontstaan. In klimatiese opsig het die aarde een van sy warmste fases nóg beleef - Sentraal-Europa was destyds in 'n tropiese klimaatsone geleë.
 
=== Mites en legendes ===
[[Lêer:Lithuanian traditional headdress optimized.jpg|thumb|right|250px|Barnsteensieraad het 'n deel van Litaue se nasionale kleredrag (hier: kopbedekkings) geword]]
 
Mense het van oudsher geprobeer om die geheim van die oorsprong van barnsteen te ontrafel. Volgens 'n ou Litause legende, wat deur die Litause digter Maironis (1862-1932) as literêre bron gebruik is, was barnsteenklonte splinters van die seegodin Jūratė
se paleis, terwyl deurskynende barnsteendruppels as haar trane beskou is.
 
=== Ontginning ===
[[Lêer:Bernsteinfischer und Galgen.JPG|thumb|rightregs|250px|Barnsteenvissers en galg]]
 
Die ontginning van barnsteen langs die Baltiese kus was in die Middeleeue 'n voorreg van plaaslike heersers - die hertoë van Pomerelle - wat later aan die [[Duitse Orde]] en - onder andere - die biskop van Samland oorgedra is. Gedurende die 14de en 15de eeu het die ridderordes jaarliks tientalle ton barnsteen ontgin en met die inkomste, wat daaruit voortgespruit het, onder meer die bou van hul [[kasteel|kastele]] gefinansieer.
 
In die historiese tydperk, toe die beskawings in die Mediterreense wêreld en die Nabye Ooste - die Egiptiese, Hetitiese en Mikeense ryke - hul kulturele en ekonomiese bloeitydperk beleef het, het ook Europa voordeel getrek uit sy handelsbetrekkinge met hierdie lande. Natuurlike hulpbronne, wat vir die vervaardiging van brons, koper en tin benodig is, maar in die noorde van Europa nie beskikbaar was nie, is in ruil vir barnsteen uit die suide ingevoer.
 
Aanvanklik is barnsteen in 'n mindere mate vir sierade gebruik, alhoewel dit in die Steentydperk reeds tot amulette en halskettings verwerk is. Eers in die Romeinse periode het barnsteen 'n gewilde en kosbare goed geword - dit was dikwels duurder as 'n slaaf. WElvarendeWelvarende vroue het hul hare met 'n barnsteenoplossing blond gekleur. Die Romeine het die handel met barnsteen met die bou van hul netwerk van handelspaaie aansienlik vergemaklik sodat Baltiese barnsteen in groot hoeveelhede na bestemmings soos [[Marseille]], die Adriatiese Seegebied, die Bosporus en selfs Egipte vervoer kon word. Barnsteen, wat deur die Romeine nie na ander gebiede verkoop is nie, is tot dekorasies en sierade verwerk.
 
Daarenteen het die [[Wikings]] het barnsteen as alledaagse materiaal beskou - dit was orals langs die kuste in groot hoeveelhede beskikbaar en kon ondanks sy hardheid maklik verwerk word. Dit is selfs vir verwarmingsdoeleindes gebruik en verbrand.
 
=== Huidige marksituasie ===
 
In die vroeë 21ste eeu is jaarliks onbewerkte barnsteen ter waarde van sowat 15 miljoen € uitgevoer - veral uit die [[Russiese Federasie]]. Na gelang van die barnsteenstukke se grootte het pryse vir een kilogram onbewerkte Russiese barnsteen in 2008 tussen 30 € (290 ZAR) vir klein korrels barnsteen met 'n deursnee van 1 sentimeter, 150 € (1&nbsp;470 ZAR) vir stene met 'n gewig van meer as 100 gram en maksimaal 830 € (8&nbsp;130 ZAR) vir stene van beste gehalte tussen 500 en 1&nbsp;000 gram beloop. Hierdie pryse is deur Russiese bewerkers en uitvoerders van barnsteen betaal, terwyl invoerders en bewerkers in die buiteland aansienlik hoër pryse moes betaal.
 
Anonieme gebruiker