Verskil tussen weergawes van "Sestigers"

Geen grootteverandering nie ,  8 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
 
==Historiese agtergrond tot die Sestigers==
Na die [[Nasionale Party]] se oorwinning in die 1948 algemene verkiesing, het Afrikaner-Nasionalisme hoogty gevier. TerselftertydTerselfdertyd het werk deur [[Engels]]e skrywers soos [[Alan Paton]] die wêreld bewus gemaak van die apartheidsisteem. Alhoewel Suid-Afrika 'n [[republiek]] word in 1961, word die blanke hegemonie toenemend van die internasionale gemeenskap geïsoleer, weens politiese maar ook menswaardigheidsredes. In Maart 1960 dood die Suid-Afrikaanse Polisie 69 mense in Sharpeville. Dit lei tot die verbanning van die [[Pan African Congress|PAC]] en die [[African National Congress|ANC]]. Ook in 1960 lewer [[Harold McMillan]], die Britse premier van daardie tydperk, sy ''Winds of Change'' toespraak waarin hy 'n swart meerderheidsregering as 'n onafwendbare verwikkeling voorspel. In reaksie daarop verklaar [[H.F. Verwoerd]], die Suid-Afrikaanse Eerste Minister, dat Suid-Afrika 'n blanke staat sou bly. Alhoewel die leier van die ANC, [[Albert Luthuli]], in 1961 die [[Nobelprys vir Vrede]] ontvang, word dit glad nie deur die staatbeheerde openbare uitsender, die [[Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie|SAUK]], gemeld nie. In 1963 word menige ANC-leiers, onder meer [[Nelson Mandela]] in die [[Rivonia-verhoor]] lewenslank tronk toe gestuur, nadat hulle skuldig bevind is van hoogverraad en [[sabotasie]].
 
==Die beweging==
==Invloed van die Sestigers==
Twee van die grootste Afrikaanse digters debuteer in voortbouende wyse op die werk van die Sestigers: [[Antjie Krog]] en [[Wilma Stockenström]].
In die eerste dekade van die een-en-twintigste eeu, gaan die Sestigers voort met hulle literêre bydraes, alhoewel een van die reuse, Etienne Leroux, oorlede is in [[1989]]. Twee van die Sestigers, Breytenbach en Brink, word as wêreldklas gereken. As gevolg van die werk van die Sestigers, het daar mettertyd 'n letterkundige samevloeiing geskied van Afrikaanse, Engelse en andersprekende Suid-Afrikaanse letterkundiges met 'n voortgehoue fokus op sosio-politiese bewustheid, onder meer [[Postkolonialepostkoloniale desillusie]].
 
==Letterkundige werk wat die Sestigers gevestig het==
Anonieme gebruiker