Verskil tussen weergawes van "Francis William Reitz"

Geen grootteverandering nie ,  8 jaar gelede
→‎Opvoeding: Spelfout
k (r2.7.1) (robot Bygevoeg: ru:Рейц, Фрэнсис Уильям)
(→‎Opvoeding: Spelfout)
Reitz het sy eerste opvoeding tuis ontvang van 'n goewernante op 'n plaas in die buurt. Toe hy nege was het hy na die Rouwkop Kosskool in [[Rondebosch]] (Kaapstad) gegaan. Hier het hy uitgeblink met sy akademiese prestasies en is gevolglik gekies as die ''Queen's Scholar'' deur die Senaat van die Suid-Afrikaanse Kollege in Kaapstad. In die ses jaar wat hy aan die kollege was na sy aankoms in 1857, het 'n wye opvoeding gehad in die kunste en wetenskap en het hy ontwikkel in 'n goed-gebalanseerde jong man met duidelike leierseienskappe. Hy het in September 1863 van die Suid-Afrikaanse Kollege gegradueer met wat deesdae gelykstaande aan 'n baccalaureus in kunste en wetenskap.<ref name="studie" />
 
Teen hierdie tyd het Reitz 'n passie vir die reg begin ontwikkel en het hy sy studies aan die Suid-Afrikaanse Kollege voortgesit onder professonprofessor F.S. Watermeyer. Watermeyer is oorlede kort nadat Reitz onder hom begin studeer het en dit het Reitz laat besluit om sy studies in [[Londen]], aan die [[Inner Temple]] voort te sit. Dit was 'n besluit was baie oorweging geverg het omdat Reitz se vader gehoop het dat hy (Reitz jr.) na die plaas sou terugkeer. Die gesin se finansiële situasie was ook nie al te goed nie. Reitz is egter Londen toe en het 'n sukses van sy studies gemaak en op 11 Junie 1867 het hy 'n [[advokaat]] in [[Westminster]] geword. Gedurende sy tyd in Londen het Reitz in die politiek begin belangstel en het hy gereeld sessies van die [[Laerhuis van die Verenigde Koninkryk|Laerhuis]] bygewoon. Voor sy terugkeer na Suid-Afrika het hy Europa verken. Met sy terugkoms in Suid-Afrika het Reitz homself in Kaapstad gevestig en op 23 Januarie 1868 het hy advokaat geword.<ref name="studie" />
 
=== Vroeë loopbaan ===