Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

k
geen wysigingsopsomming nie
Die Suid-Afrikaanse regering stel onder die leiding van die Eerste Minister, Generaal [[James Barry Munnik Hertzog]], 'n ondersoek oor die toekoms van die uitsaaiwese in die land in en besluit om die SAUK te stig. In sy eerste bestaansjaar het die SAUK hom op die uitsaai van Engelse programme beperk, tog het die regering daarop aangedring dat programme vanaf [[1937]] ook in Afrikaans uitgesaai moes word. Die uitsaaidienste in die twee landstale het as Radio South Africa en Radio Suid-Afrika bekend gestaan.
 
Met die begin van die SAUK se uitsaaidiens raak die nuwe medium danksy die eerste hoogtepunt, die uitsending van die eeufees van die [[Groot Trek]] met die simboliese Ossewatrek vanuit Kaapstad na die binneland, in [[1938]] ook by Afrikaanse luisteraars baie gewild. Afrikaans is vinnig as radiotaal gevestig, en die taal, wat deur die SAUK se omroepers gebruik is, het 'n soort Standaardafrikaans vir baie luisteraars geword.
 
Die Engelse gehore kan danksy die programme, wat deur die Britse BBC aan die SAUK verskaf is, reeds van die begin af 'n groot aantal kulturele uitsendings geniet.
Die eerste tweetalige handelsdiens, Springbokradio, is op [[1 Mei]] [[1950]] ingestel. Populêre programme in Afrikaans en Engels met advertensies het die SAUK van 'n nuwe inkomste voorsien. Springbokradio raak eers onder die invloed van die nuut ingevoerde televisieprogramme in die sewentiger- en tagtigerjare 'n groot deel van sy luisteraars kwyt en is uiteindelik in [[1985]] gestaak.
 
Die frekwensiemodulasie-stelsel met sy duidelik verbeterde klankgehalte is op [[1 September]] [[1961]] vanuit Brixtonheuwel in Johannesburg ingestel, en op [[6 Januarie]] [[1976]] begin die SAUK se eerste televisiekanaal uitsaai. Die kanale TV 2 en TV 3 het hulle eerste programme op [[1 Januarie]] [[1982]] gebeeldsaai. TV 1 is die oorspronklike Afrikaans- en Engelstalige kanaal, terwyl TV 2 as Nguni-kanaal programme in Zoeloe en Xhosa en TV 3 as Sotho-kanaal programme in Noord- en Suid-Sotho en Tswana aangebied het. Binne 'n dekade ná sy stigting het die Suid-Afrikaanse televisie die meeste toeskouers van alle uitsaaikorporasies in Afrika gehad.
 
Afrikaanse televisieprogramme, oorgeklankte buitelandse programme en 'n verskeidenheid dokumentêre programme is vir die Afrikaanstalige gemeenskappe van Suid-Afrika aangebied.
 
Die SAUK se eerste FM-stereoprogram, Five FM, is sedert [[1986]] vanuit die Johannesburgse [[Sentech-toring]] uitgesaai. Five FM is ook die eerste stasie wat in [[1988]] landwyd in stereo-FM aangebied is.
97 549

wysigings