Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

k
geen wysigingsopsomming nie
Die eerste tweetalige handelsdiens, Springbokradio, is op [[1 Mei]] [[1950]] ingestel. Populêre programme in Afrikaans en Engels met advertensies het die SAUK van 'n nuwe inkomste voorsien. Springbokradio raak eers onder die invloed van die nuut ingevoerde televisieprogramme in die sewentiger- en tagtigerjare 'n groot deel van sy luisteraars kwyt en is uiteindelik in [[1985]] gestaak.
 
Die frekwensiemodulasie-stelsel met sy duidelik verbeterde klankgehalte is op [[1 September]] [[1961]] vanuit Brixtonheuwel in Johannesburg ingestel, en op [[6 Januarie]] [[1976]] begin die SAUK se eerste televisiekanaal uitsaai. Naas Engelse programme is ook Afrikaanse televisieprogramme, oorgeklankte buitelandse programme en 'n verskeidenheid dokumentêre programme vir die Afrikaanstalige gemeenskappe van Suid-Afrika aangebied. Op Sondae het die SAUK veral godsdienstige programme uitgesaai, en gedurende die eerste twee jare van die televisiediens was daar nog geen televisie-advertensies nie.
 
Die kanale TV 2 en TV 3 het hulle eerste programme op [[1 Januarie]] [[1982]] gebeeldsaai. TV 2 het as Nguni-kanaal programme in Zoeloe en Xhosa en TV 3 as Sotho-kanaal programme in Noord- en Suid-Sotho en Tswana aangebied. Binne 'n dekade ná sy stigting het die Suid-Afrikaanse televisie die meeste toeskouers van alle uitsaaikorporasies in Afrika gehad.
101 142

wysigings