Verskil tussen weergawes van "Oos-Berlyn"

Geen grootteverandering nie ,  7 jaar gelede
k
Onder dele van die bevolking was daar ook baie jare ná die bou van die Berlynse Muur ontevredenheid met die politieke bestel en die ekonomiese toestande in die DDR. Aangesien andersdenkendes deur die veiligheidsdiens dopgehou is, het openbare betogings en proteste baie selde voorgekom. Nogtans het bekende persoonlikhede en klein groepe burgers hul misnoeë soms deur "afwykende gedrag" te kenne gegee.
 
Christelike kerke was die enigste groot instellings wat meer of min onafhanklik van party en staat bestaan het en sodoende 'n forum vir diegene kon bied wat met die amptelike beleid van party en regering ontevtrede was. OPenbareOpenbare betogings en ander aksies was ook hier ondenkbaar, met uitsondering van die kerklike vredesbeweging ''Schwerter zu Pflugscharen'' ("Swaarde tot ploegskare") wat openlik protes teen die amptelike beleid van "gewapende vrede" aangeteken het.
 
Die ''Berliner Appell'' van 1982 was die eerste opposiesiegroep waarin lede van die Christelike vredesbeweging met Marxistiese regeringskritici soos Robert Havemann saamgewerk het. 'n Openbare vredebetoging is in 1983 deur die owerheid verbied. Een jaar later het dramatiese tonele hulle in die ambassades van westelike lande en die permanente verteenwoordiging van die Bondsrepubliek Duitsland afgespeel nadat DDR-burgers emigrasiepermitte geëeis en geweier het om die geboue weer te verlaat.