Trein: Verskil tussen weergawes

1 162 grepe bygevoeg ,  9 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
No edit summary
'n '''Trein''' is 'n [[voertuig]] wat op 'n spoor beweeg en uit een of meer trokke of waens bestaan. Treine word gebruik om [[mens]]e, [[dier]]e en goedere te [[vervoer]]. Die plek waar treine stop, sodat mense kan op- of afklim, word 'n treinstasie genoem. Die eerste trok van die trein is die lokomotief, wat die kragbron bevat en die res van die trein agterna sleep.
 
Alle treine word beheer deur 'n bestuurder wat die trein moet versnel en rem. Stoomtreine het ook 'n stoker aan boord, wat die vuur moet stook om die stoom wat die trein aandryf te lewer. Die bestuurder van 'n trein word 'ndie masjinis genoem.
 
==Tipes treine==
Treine word ingedeel volgens aandryfmetode (elektries, diesel, stoom) asook waarvoor dit aangewend word:
 
===Goederetrein Volgens aanwending ===
====Goederetrein====
GoederetreineGoedere- of vragtreine word gebruik om goedere in trokke van een plek na 'n ander te vervoer. As voorbeeld, 'n trein wat [[steenkool]] na kragsentrales aanry of na uitvoerhawens vervoer, bv. die [[Sishen-Saldanha Spoorlyn]].
 
====Passasierstrein====
Passasierstreine gebruik spesiale waens eerder as trokke sodat mense gerieflik tussen stasies daarin vervoer kan word. 'n Voorbeeld hiervan is die [[Gautrein]] in Suid-Afrika. Op passasiertreine is daar kondakteurskondukteurs wat kyk dat elke passasier oor 'n kaartjie beskik.
 
=== Volgens aandrywing ===
==== Stoomtreine ====
Die eerste geslaagde stoomtreindiens is in 1825 in Engeland ingestel. Stoomtreine het 'n stoker aan boord, wat die vuur moet stook om die stoom wat die trein aandryf te lewer. Namate dieseltreine meer gewild begin raak het, het stoomtreine in onbruik verval.
 
==== Diesel aangedrewe treine ====
Dieseltreine beskik oor [[dieselenjin]]s met 'n binnebrandmotor wat die Dieselsiklus gebruik om die trein vorentoe te beweeg. Die tipe treine word by treinstasies hervul.
 
Tydens die [[Sokkerwêreldbeker 2010]] het die Suid-Afrikaanse owerhede 190 diesellokomotiewe op bystand gehad ingeval iets fout sou gaan met die elektriese lokomotiewe van [[Metrorail]] wat toeskouers rondgekarwei het.<ref>[http://www.beeld.com/XArchive/Kragkrisis/Diesel-lokomotiewe-staan-reg-as-elektriese-treine-nie-werk-20100617 Diesel-lokomotiewe staan reg as elektriese treine nie werk], [[Beeld]], 17 Junie 2010</ref>
 
==== Elektriese treine ====
Die eerste elektriese treine het in die 1800's hul verskyning in Europa en Amerika gemaak en word vandag algemeen gebruik. Treine met elektriese aandrywing het oorhoofse kragdrade oor die spore wat die trein se motors van [[elektrisiteit]] voorsien.
 
==Sien ook==
* [[Moltrein]]
* [[Trem]]
 
== Verwysings ==
{{Verwysings}}
 
{{Commonskat|Trains}}
Anonieme gebruiker