Verskil tussen weergawes van "Oswald Pirow"

geen wysigingsopsomming nie
k (r2.7.3) (robot Bygevoeg: de:Oswald Pirow)
== Oorlog ==
[[Lêer:Bundesarchiv Bild 183-H15527, Berlin, Minister Pirow aus Südafrika, Verabschiedung.jpg|thumb|left|November 1938: Pirow word in Berlyn afgesien deur soldate van die [[Luftwaffe]], links van hom is [[Wilhelm Canaris]], regs van hom is Ernst Seifert (foto van die Duitse Federale Argief)]]
 
In Pirow se loopbaan het betrekkinge wat met [[Duitsland]] gehandhaaf is, ’n groot rol gespeel. In 1933 het hy ’n besoek aan [[Adolf Hitler]] in [[Berchtesgaden]] gebring waartydens hy oorweldig is deur die sjarme van die Duitse leier. Pirow se uitspraak in 1936 dat alle Duitse gebiede in Afrika, insluitende [[Suidwes-Afrika]] aan Duitsland teruggegee moet word, het groot opspraak verwek. Op voorstel van Smuts en in oorleg met die Britse Eerste Minister, [[Neville Chamberlain]], het Pirow in 1938, ’n jaar voor die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog, ’n besoek aan Hitler gebring, hoofsaaklik om te kyk of hy nie beweeg kon word om die snelle ontwikkeling in die rigting van ’n oorlog te stuit nie. Juis hy is gestuur omdat Smuts gereken het dat hy ’n invloed op Hitler sou kon uitoefen, maar sy sending het misluk. Omdat sy ouers Duitse immigrante was het Pirow tuis ook Duits gebesig en ’n dogter van Pirow het in Junie 1939 aan ’n Britse koerant gesê dat die Pirows meer Duits as Suid-Afrikaans gevoel het.<ref>Brian Bunting, The Rise of the South African Reich, Penguin Books, 1969, p. 57</ref>
 
== Verwysings ==
{{verwysings}}
* {{cite book |last=Scholtz |first=J.J.J. |editor=Beyers, C.J. |title=[[Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek]] |origdate= |origyear=1987 |format=Hardeband |publisher=Chris van Rensburg nms. die RGN |location=Pretoria |language=Afrikaans |isbn=0796904197 |pages=962 }}
 
{{en-vertaal|Oswald Pirow}}
Anonieme gebruiker