Verskil tussen weergawes van "Francis William Reitz"

geen wysigingsopsomming nie
Reitz het twee keer getrou. Sy eerste troue (24 Junie 1874 in Kaapstad) was met Blanka Thesen (gebore in [[Stavanger]], [[Noorweë]] op 15 Oktober 1854; oorlede in [[Bloemfontein]] op 5 Oktober 1887). Sy was die dogter van [[Arnt Leonard Thesen]], 'n handelaar en Anne Catherina Margarethe Brandt.<ref name="regspraktyk" /><ref>Inligting oor ouers in [http://worldroots.com/brigitte/royal/bio/francisreitz1844bio.html biografie van Francis William Reitz] by Worldroots.com.</ref> Die Thesen-gesin het in 1869 in [[Knysna]] in die Kaapkolonie gaan woon. Die paar het sewe seuns en een dogter gehad. Na die dood van sy eerste vrou het Reitz op 11 Desember 1889 in Bloemfontein met Cornelia Maria Theresa Mulder (gebore in [[Delft]], [[Nederland]] op 25 Desember 1863<ref>Moll, 'Reitz, Francis William', 594 en ander bronne gee 1864 aan as geboortejaar, maar dit is onakkuraat. Sien: [http://www.archief.delft.nl/?page=http%3A//www.archief.delft.nl/detailx.aspx%3Fp%3D1134859%26ID%3D116428%26book%3DG%26role%3DC%26page%3D Digitale Stamboom Gemeentearchief Delft] en [http://www.archief.delft.nl/scan.aspx?book=g&id=116428 oorspronklike geboortesertifikaat].</ref>; oorlede in Kaapstad op 2 Januarie 1935), dogter van Johannes Adrianus Mulder, 'n lettersetter, en Engelina Johanna van Hamme. Ten tyde van hul troue was Mulder die waarnemende direkteur van die ''[[Eunice Hoërskool|Oranje Vrij Staat Dames Instituut]]'' in Bloemfontein. Met sy tweede vrou het hy ses seuns en een dogter gehad.<ref name="president1" />
 
[[Deneys Reitz|Deneys]], sy seun, het teen die Britte geveg in die Tweede Vryheidsoorlog. Hy was ook bevelvoerder van die Eerste Bataljon, Skotse Koninklike Fusilliers gedurende die [[Eerste Wêreldoorlog]] en het gedien as lid van die parlement van die Unie van Suid-Afrika, was 'n kabinetsminister, adjunk-Eerste Minister (1939 tot 1943) en Hoë Kommissaris van Suid-Afrika (1944) vir die Hof van Sint-Jakobus (''Court of St. James's'').<ref>{{cite encyclopedia|title= Reitz, Deneys|encyclopedia=[[Dictionary of South African Biography]]|volume=I|pages=670|publisher=Human Sciences Research Council|date=1981|id=ISBN 0-409-09183-9|accessdate=3 Junie 2009}}</ref> Sy boek, ''Commando: A Boer Journal Of The Boer War'', is vir baie jare geag as een van die beste vertellings van oorlog en avontuur in die Engelse taal.<ref>{{en}} [http://www.ourcivilisation.com/smartboard/shop/reitzd/commando/cover.htm A Theory Of Civilization]</ref>
 
=== Opvoeding ===
Anonieme gebruiker