Francis William Reitz: Verskil tussen weergawes

No edit summary
Alhoewel Reitz 'n deurslaggewende rol gespeel het in die optrekking van die Vrede van Vereeniging het hy persoonlik nie getrouheid tot die Britse regering gesweer nie en het hy besluit om liewer 'n banneling te word. Op 4 Julie 1902 het hy Suid-Afrika verlaat en by sy vrou en kinders in Nederland aangesluit. Om sy finansiële probleme te verlig het Reitz na die [[Verenigde State van Amerika]] gereis vir lesingtoer.<ref name="ZAR" /> Omdat die belangstelling in die saak van die Boere getaan het, het die toer misluk en is Reitz gedwing om na Nederland terug te keer. Daar het hy weereens so siek geword dat hy in die hospitaal opgeneem moes word om aan te sterk. Gedurende hierdie tyd is hy ondersteun deur sy vriende Willem Leyds en [[Hendrik Pieter Nicolaas Muller|Hendrik Muller]] en die ''Nederlandsch Zuid-Afrikaansche Vereeniging''.<ref name="Unie" />
 
In 1907, nadat die Boere republieke selfregering verkry het, en in die aanloop tot die totstandkoming van die [[Unie van Suid-Afrika]], het die Afrikaner-leiers, Jan Smuts en [[Louis Botha]], Reitz gevra om na Suid-Afrika terug te keer en weer tot die politiek toe te tree. Reitz het hom saam met sy vrou in [[Seepunt]] in Kaapstad gevestig. In 1910, toe hy reeds 7666 jaar oud was, is hy aangestel as president van die [[Senaat van Suid-Afrika|Senaat]] van die nuutgevormde Unie van Suid-Afrika.<ref name="Unie"/>
 
HierdieDit was ook nie maklike jare nie omdat voormalige Afrikaner volksgenote nou teenoor mekaar in die politiek gestaan het. Soos vroeër in sy lewe het Reitz uitgesproke gebly oor sy oortuiginge. As gevolg van sy uitgesproke aard het hy gereeld met die Smuts-regering gebots en in 1920 is hy nie nie weer aangestel as president van die Senaat nie. HetHy het egter tot 1929 'n lid van die Huis gebly.<ref name="Unie" />
 
=== Eerbewyse en dood ===
86 071

wysigings