Verskil tussen weergawes van "Potchefstroom"

30 grepe bygevoeg ,  8 jaar gelede
Skakels
(Skakels)
}}
 
'''Potchefstroom''' is 'n stad in die [[Noordwes|Noordwes-provinsie]] van [[Suid-Afrika]]. Dit was die oudste dorp in die ou [[Transvaal]]-provinsie. Dit is in November [[1838]] deur [[Voortrekkers|Voortrekkerleier]] [[Hendrik Potgieter]] aan die oewers van die [[Mooirivier (Vaal)|Mooirivier]] gestig. Die stad staan ook as die "Stad van Deskundigheid" bekend. Dit beslaan 2&nbsp;573 km² en het 162&nbsp;762 inwoners (munisipaliteit 2011)<ref>[http://www.statssa.gov.za/Census2011/Products/Census_2011_Municipal_fact_sheet.pdf Sensus 2011, Statistiek Suid-Afrika p.11 NW402: Tlokwe City Council]</ref>. Dit is 'n handel- en nywerheidsentrum vir die omliggende land- en mynboustreek. Potchefstroom is 120 km Wes-Suidwes van [[Johannesburg]].
 
== Naamsverandering ==
Daar is tans 'n poging deur die munisipale regering om die dorp se naam na ''Tlokwe'' te verander, maar baie inwoners het in opstand gekom teen die besluit - hierdie opstand word deur die organisasie Aksie Potchefstroom gelei. Die stadsraad staan wel as [[Tlokwe Plaaslike Munisipaliteit]] bekend.
 
== Universiteit ==
[[Lêer:Building Potchefstroom University.jpg|links|280px|thumb|Hoofgebou van Potchefstroomkampus]]
Potchefstroom is 'n groot akademiese dorp. Die Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, wat in 1869 op [[Burgersdorp]] gestig is, is in 1905 na Potchefstroom verskuif. In 1919 het "Het Potchefstroom Universiteitskollege voor Christelike Hooger Onderwijs" ontstaan uit die Literariese Departement van die Teologiese Skool. In 1951 is die PUK erken as ‘n selfstandige [[universiteit]] wat bekend sou staan as die [[Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys]] (PU vir CHO).
Dit is 'n optog ten bate van liefdadigheid waar al die eerstejaars van die [[Potchefstroomkampus]] van die [[Noordwes-Universiteit]], in hul koshuis verband, deur die strate van die dorp loop met vlotte wat hul gebou en versier het.
 
== Aardklop ==
Die [[Aardklop]] Nasionale Kunstefees word jaarliks aan die einde van September in Potchefstroom aangebied.
 
== Trivia ==
* Die [[N12 (Suid-Afrika)|N12]] nasionale pad gaan deur Potchefstroom.
* 'n Hoenderras, die [[Potchefstroom Koekoek]] , is vernoem na die stad.
* Potchefstroom is die oudste distrik in die "trans-vaal", gebied noord van die Vaalrivier.
 
== Sien ook ==
* [[NG gemeente Potchefstroom]]
* [[Lys van dorpe in Suid-Afrika]]
 
== Eksterne skakels ==
{{CommonsKategorie}}
* [http://www.potch.co.za/ Potchefstroom]