Stephanus Postma: Verskil tussen weergawes

geen wysigingsopsomming nie
k (Skoonmaak, replaced: [[Beeld: → [[Lêer: (3) using AWB)
No edit summary
Ds. '''Stephanus Postma''' ([[Rustenburg]], [[6 Januarie]] [[1865]] - [[Middelburg, Oos-Kaap|Middelburg, Kaap]], [[8 Februarie]] [[1904]]) was 'n teoloog en predikant in die [[Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika]] en 'n seun van die grondlegger van dié Kerk, ds. [[Dirk Postma]].
 
==Herkoms==
Stephanus Postma was die derde kind uit sy vader se vierde huwelik, op [[24 November]] [[1859]] met Susanna Lasea Kruger (†[[3 Oktober]] [[1869]]). Uit dié huwelik is ook die predikant ds. [[Dirk Postma jr.]] (1861 - 1919) gebore wat op [[6 Mei]] [[1897]] predikant geword het op hul geboortedorp, [[Rustenburg]], maar weens insolvensie, wat deels toegeskryf kan word aan die spandabelheid van sy vrou, sy ontslag geneem het op [[30 Junie]] [[1905]] daarna as predikant afgesit is.
 
==Opleiding==
Ds. Postma behaal die B.A.-graad in 1885 met lof aan die Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerk op [[Burgersdorp]], waarheen die gesin in 1866 van Rustenburg af verhuis het toe sy vader 'n beroep as predikant van die Gereformeerde gemeente aanvaar het, veral met die oog daarop om dié skool tot stand te bring, en verower die eerste plek in die land. By die vertrek van sy halfbroer prof. [[Marthinus Postma]] word hy van die begin van 1890 af benoem as professor litterarum, 'n pos wat die eerste keer van 1877 tot 1879 beklee is deur hul broer ds. [[Petrus Postma]].
 
Stephanus Postma was 'n briljante student. Naas die ou tale het hy 'n besonderse liefde gehad vir aardrykskunde en wiskunde. Buiten Grieks, Hebreeus en Latyn, het hy ook 'n deeglike kennis gehad van Aramees en Arabies. Omstreeks 1900, tydens die vervolging van die Armeniërs deur die Turke, die sogenaamde [[Armeense volksmoord]], is twee kollektante van eersgenoemde deur geleerdes op [[Stellenbosch]] na ds. Postma verwys om hul stukke te vertaal. Voor ontbyt het hy dit vir hulle voltooi.
 
==Predikant==
Einde 1897 aanvaar hy, nes sy halfbroer Marthinus in 1890, 'n beroep na [[Middelburg, Oos-Kaap|Middelburg, Kaap]], waar hy in Februarie 1904 oorlede is.
 
Volgens dr. G.C.P. van der Vyver het ds. Stephanus Postma in woord en daad by die Afrikaanse volk en taal gestaan, en tydens die [[Tweede Vryheidsoorlog]] (1899 - 1902) 'n publieke komitee gestig en daadwerklike hulp verleen aan gewondes, weduwees en wese. Hy het die Kaapse rebelle P.J. Wolfaardt en komdt. J.C. Lötter bygestaan en die nag voordat hulle gefusilleer is saam met hulle in die sel deurgebring.
 
==Gesinslewe==
Stephanus Postma was getroud met Johanna Jacoba Hendrika Slijkhuis. Uit die huwelik is sewe kinders gebore, onder wie die bekend skryfsters [[Rikie Postma]] en [[Hilda Postma]], en Ammi Postma, professor in die klassieke tale aan die Potchefstroomse Universiteit vir C.H.O.
 
85 966

wysigings