Verskil tussen weergawes van "Wikipedia:Geselshoekie"

(→‎Ope brief aan Hugo: nuwe afdeling)
Dit sal ook daardie connoisseurs wat so eindeloos oor leuens op Litnet kan stry en klipgooi noop om die pen op te neem en hul skryf- en redeneertalente tot voordeel van die mensdom in te span. Want stories/fiksie bly maar leuens, al is dit soms halwe waarhede; waarom intellektuele oor skimme op 'n spesiale webwerf moet baklei gaan my verstand te bowe. Dit is mors van kosbare tyd en talent.</br>
Ek hoop van harte die SêNet-brief bring 'n goeie oes in; die hele Afrikaanse gemeenskap het dit nodig. [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 22:07, 17 Desember 2012 (UTC)
 
::Dankie dat jy hierdie met ons deel! Het Hugo se mening gelees op Litnet. Aanhouer wen - altyd! Oesjaar.