Verskil tussen weergawes van "Wikipedia:Geselshoekie"

Geen grootteverandering nie ,  8 jaar gelede
k
==Ope brief aan Hugo==
 
Met verwysing na [http://www.litnet.co.za/Article/afrikaanse-wikipedia-gewilder-as-litnet | Afrikaanse Wikipedia gewilder as LitNet]: Ek wil hiermee vir jou in ons midde ruim bedank vir die brief wat jy aan LitNet geskryf het. Ek geniet veral die wyse waarop die "skugter dier" (af.wikipedia.org) geprys word vir sy hoë bladtrekke, wat die gesogdegesogte Litnet heel afgeskeep op sy neus laat kyk.</br>
Ek kan ook verstaan waarom jy spesifiek ''Om nie van die 'Afrikaanse letterkunde'-artikel te praat nie. Hierdie breedvoerige verhandeling oor Kaaps-Hollandse geskrifte eindig skielik in 1875. Die skrywer van die artikel het vermoedelik op hierdie punt onder sy eie stortvloed woorde beswyk, en saam daarmee het Afrikaanse letterkunde 'n vroegtydige dood gesterf.'' geskrywe het. Hoewel ek self die bydraer was wat uit wyle Dr. Rob Antonissen se stokou boekie in die publieke domein oorgeskrywe het, neem ek hoegenaamd nie die kommentaar persoonlik op nie. Ek verwelkom dit eerder: want daar is grysbaarde wat leerstoele beklee wat beter van die onderwerp weet as ek (al is ek 'n letterkundestudent wat net studeer om my begrip en analitiese vermoë van Afrikaans te verbeter met vertaling en woordeboekmakery voor oë). </br>
Dit sal ook daardie connoisseurs wat so eindeloos oor leuens op Litnet kan stry en klipgooi noop om die pen op te neem en hul skryf- en redeneertalente tot voordeel van die mensdom in te span. Want stories/fiksie bly maar leuens, al is dit soms halwe waarhede; waarom intellektuele oor skimme op 'n spesiale webwerf moet baklei gaan my verstand te bowe. Dit is mors van kosbare tyd en talent.</br>
13 523

wysigings