Verskil tussen weergawes van "1820-Setlaars"

32 grepe bygevoeg ,  7 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
Die meeste setlaars was geskoolde ambagsmanne wat weens die gebrek aan landboukundige kennis geen belang in die boerderybedryf gestel het nie. Die lewensomstandighede in die grensgebied was haglik. Gewasse is deur droogtes en siektes bedreig, terwyl ook die gebrek aan vervoer sake bemoeilik het. Weens hierdie probleme, en onder die indruk van die guerilla-taktiek van die Xhosa-krygers in die grensgebied, het talle setlaars hulle in stedelike nedersettings soos Port Elizabeth, [[Grahamstad]] en [[Oos-Londen]] gevestig. Sodoende het die oosgrensgebied, in teenstelling met Lord Somerset se planne, 'n eerder yl bevolkte streek gebly.
Nogtans het van die setlaars, wat op hulle plase aangebly het, 'n belangrike bydrae tot die plaaslike landboubedryf gelewer en gewasse soos [[mielies]], [[rog]] en [[gars]] verbou. Skaapteelt en wolvervaardiging, wat deur hulle in die gebied ingevoer is, sou gaandeweg tot winsgewende bedrywe ontwikkel. Ander setlaars, wat hulle al in Engeland as handelaars en sakemanne bekwaam het, het 'n hupstoot aan die plaaslike handel en ekonomie gegee en die vinnige groei van nuwe nedersettings soos Grahamstad en Port Elizabeth bevorder. Die Oos-Kaapse Albany-distrik was nou 'n Angel-Saksiese eiland temidde van 'n Afrikaans- en Xhosa-sprekende omgewing, en 'n mylpaal in die geskiedenis van Engelssprekende Suid-Afrikaners.
'n Ander groep 1820-setlaars het verder noordwaarts na Natal getrek, die stamland van die [[Zoeloes|Zoeloevolk]] wat destyds deur koning [[Sjaka]] met 'n leër van hoogs opgeleide en gedissiplineerde krygers geregeer is. Aanvoerders van die Britse setlaars het aansoek by Sjaka gedoen om hulle in die gebied te vestig. Sjaka, wat onder die indruk van Europese tegnologieë gestaan het, het sy toestemming in ruil vir vuurwapens verleen.
 
Die Nasionale 1820-Setlaarsmonument, wat in [[1974]] in Grahamstad geopen is, herdenk die Britse setlaars. In die "lewende monument" word toneelstukke, musikale opvoerings en kulturele feeste aangebied.
 
==Bronne==
3 195

wysigings