Alicedale: Verskil tussen weergawes

137 grepe bygevoeg ,  9 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
No edit summary
No edit summary
'''Alicedale''' is 'n spoorwegaansluiting in die [[Oos-Kaap]], [[Suid-Afrika]]. Van hier swaai 'n takspoorlyn na [[Grahamstad]] vanaf die hoofspoorlyn tussen [[Johannesburg]] en [[Port Elizabeth]]. Die dorp was 'n spoorweg-opleidingskool gedurende die 19de en 20ste eeue, vandaar die pragtig bewaarde, historiese rooi siersteengebou wat nou die ontvangsarea van die hotel-oord op die dorpie huisves.
 
Alicedale is vernoem na mev. Alice Slessor (gebore Dale), die eggenote van die ingenieur in beheer van spoorkonstruksie. Die naaste twee dorpies is [[Riebeek-Oos]] en [[Paterson]] terwyl Grahamstad 45 km oos lê. Die [[Boesmansrivier (Oos-Kaap)|Boesmansrivier]] vloei by Alicedale verby.
 
Daar is 'n puik 18-putjie gholfbaan by die ''Bushmans River Sands Hotel'' op die dorpie. Die hele baanuitleg is op die oewers van die Boesmansrivier, met verskillende waterhindernisse om te trotseer.
 
==Sien ook==
111 123

wysigings