Verskil tussen weergawes van "Voedselketting"

Skakel
(Skakel)
Energie kan nooit vernietig word nie, hoewel die hoeveelheid beskikbare energie kan verminder, dit wil sê 'n deel van die energie word inwendige latente energie van die omgewing. Dit moet egter beklemtoon word dat daar met elke oordrag van die een organisme na 'n ander 'n groot hoeveelheid potensiële energie verlore gaan. Dit word gebruik vir normale liggaamsmetabolisme, voortbeweging, voortplanting, en so voorts. 'n Aansienlike hoeveelheid gaan ook verlore as warmte-energie. Hoe langer 'n voedselketting dus word, hoe minder energie is beskikbaar. Korter voedselkettings hou dus groter voodele vir die betrokke organismes in. Voedselkettings, al is hulle ook hoe lank of ingewikkeld, openbaar egter almal dieselfde basiese kenmerke, naamlik die vloei van energie van die outotrofe organismes (produseerders) af deur die heterotrofe organismes (verbruikers) na die ontbinders. Elk van hierdie voedingsvlakke staan bekend as 'n [[trofiese vlak]]. Produseerders vorm die eerste trofiese vlak, primêre verbruikers die tweede vlak, sekondêre verbruikers die derde vlak en die ontbinders die laaste trofiese. Die klassifikasie volgens die trofiese vlak slegs funksioneel en nie volgens soorte organismes nie.
 
Sekere soorte kan meer as een trofiese vlak beset, soos [[omnivoor|omnivore]]. Diatome ([[alge]], eensellig of in kolonies, wat deel vorm van die [[fitoplankton]]) is die belangrikste produseerders in vars water (mere) en seewater (oseane). Hulle is dus deel van die eerste trofiese vlak en saam met ander alge die beginpunt van alle voedselkettings in water. Baie spesies van klein waterdiere, byvoorbeeld [[skaaldier]]e, slakke en [[vis]]se, lewe van die plankton en is deel van die tweede trofiese vlak. Groter waterdiere eet die kleiner diere – die derde trofiese vlak. Wanneer hierdie diere en plante sterf, word hulle deur die ontbinders ontbind.
 
In die meeste biotiese gemeenskappe kan daar tussen die volgende voedselkettings onderskei word: