Verskil tussen weergawes van "Volksblad"

219 grepe verwyder ,  7 jaar gelede
 
==Geskiedenis==
Die geskiedenis van Volksblad begin op [[18 November]] [[1904]], toe die [[Nederland]]se drukker [[Hendrik de Graaff]] op [[Potchefstroom]] die Nederlandse weekblad "Het Westen" stig. Die blad spits homself toe op die belange en die ontwikkeling van die [[Afrikaner]]bevolking in die voormalige Boererepublieke [[Oranje-Vrystaat]] en [[Zuid-Afrikaansche Republiek|Transvaal]], wat swaar tydens die [[Tweede Vryheidsoorlog]] (1899-1902) gely het. In Maart 1915 word die [[Nasionale Party|nasionalistiese]] blad herdoop tot "Het Volksblad" en in 1916 verskuif sy hoofkantoor na Bloemfontein. In 1917 verander die naam weer, na ''Die Volksblad'', en begin die blad om in Afrikaans te skryf. In 1925 word ''Die Volksblad'' 'n dagblad.
 
Sedert die jare negentig begin Volksblad sy fokus verbreed om ook ander bevolkingsgroepe as sy tradisionele wit leserskorps in te sluit.
Sedert die jare negentig begin ''Volksblad'' ook ander bevolkingsgroepe in die Vrystaat en Noord-Kaap aanspreek, onder andere die [[kleurling]]e maar ook die swartes, soos deur sy slagspreuk in drie tale aangedui word: ''Saam kan ons - Together we can - Hammoho re ka kgona'' (die laaste is in [[Sotho]], die mees gesproke taal in die Vrystaat).
 
==Sien ook==
3

wysigings