Verskil tussen weergawes van "Baksteen"

877 grepe bygevoeg ,  7 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
Sand en klei vorm die belangrikste grondstowwe, en die baksteen vervaardiging begin met hulle ontginning. Sand is geredelik beskikbaar, en maklik om te myn. Klei is ook volop, en word uit kleigroewe uitgegrawe. In die verlede is hierdie werk met die hand met pikke en grawe gedoen, maar deesdae is alles gemeganiseerd. Die sand word gewas en organiese materiaal word verwyder. Die klei word vir 'n ruk lank opgestapel en laat lê, sodat die organiese materiaal kan vergaan. Dit is belangrik dat daar geen organiese materiaal oorbly nie, aangesien sulke materiaal gasse sal vrylaat wanneer die stene gebak word, en sodoende lugborrels in die steen veroorsaak of hulle selfs laat kraak.
 
===VormingVorm===
Die klein en sand en ander bestanddele word saamgemeng, en water word moontlik toegevoeg sodat die mengsel die regte plastisiteit verkry. Hierdie kleimengsel word dan in steenvorms gedruk om die rou kleistene te vorm. Daar is verskillende prosesse waarmee die vorming gedoen kan word. In die stywemodder proses word droërige klei deur middel van 'n draaiende skroef deur 'n reghoekige gat geforseer. Dit produseer 'n lang aaneenlopende kleistaaf, wat dan in die regte steenlengtes opgesny word. In die sagtemodder proses word nat klei in gietvorms gegiet. In die droogdruk proses word klei wat amper droog is onder groot druk in die steenvorms ingeforseer.
 
===Uitdroog===
Dit is belangrik dat die bakstene droog is wanneer hulle gebak word, want enige water in die steen sal stoom vorm teen die hoë baktemperature, en die baksteen laat bars. In moderne steenbakkerye word die stene in droogkamers of droogtonnels oor 'n periode van 2 tot 4 dae uitgedroog. In die verlede is dit in die opelug gedoen, het dit baie langer geneem. Dit was nie ongewoond om tot drie weke te wag nie.
 
===Bak===
 
 
==Bronne==
610

wysigings